Itamar Augusto Cautiero Franco (Portugees: [itaˈmaʁ awˈɡustu kawtʃiˈeɾu ˈfɾɐ̃ku]; 28 Junie 1930 – 2 Julie 2011) was 'n Brasiliaanse politikus wat van 29 Desember 1992 tot 31 Desember 1994 as die 33ste president van Brasilië gedien het. Voorheen was hy adjunkpresident van Brasilië van 1990 tot die bedanking van president Fernando Collor de Mello. Gedurende sy lang politieke loopbaan was Franco ook senator, burgemeester, ambassadeur en goewerneur. Ten tye van sy dood was hy 'n senator van Minas Gerais, nadat hy die setel in die 2010-verkiesing gewen het.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2011 Kategorie:Presidente van Brasilië