Die TAI/AgustaWestland T129 ATAK is 'n tweemotorige, tandemsitplek, veeldoelige aanvalshelikopter wat gebaseer is op die Agusta A129 Mangusta vir gebruik in alle weerstoestande. Die T129 is ontwikkel deur Turkish Aerospace Industries (TAI) in vennootskap met AgustaWestland.
Die helikopter is ontwerp as gevorderde aanvalstuig en vir verkenningsmissies in warm toestande en op hoë hoogtes in ongenaakbare geografiese omgewings in beide dag- en nagtoestande.
Die helikopter word aangedryf deur twee LHTEC CTS800-4A turboas-motors, 'n variant van die turboskroef.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Helikopters Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie