Pieter G. J. Koornhof, DVD (2 Augustus 1925 - 12 November 2007) was 'n Suid-Afrikaanse politikus.
As 'n kabinetsminister van die Nasionale Party-era, het hy verskillende portefeuljes in die kabinette van B. J. Vorster en P. W. Botha beklee, en is later as ambassadeur in die Verenigde State aangestel. Ná die einde van apartheid het hy in 1998 eers by die United Democratic Movement van Bantu Holomisa en later in 2001 by die African National Congress aangesluit.
Gedurende sy loopbaan is Koornhof as 'n gematigde politikus gesien, ten minste in vergelyking met ander in die apartheidsregering, en as 'n warm, groter-as-lewenspersoonlikheid met baie teenstrydighede.
Kategorie:Alumni van Hoërskool Sentraal, Bloemfontein