Willem Renier Bosman (7 Desember 1936 – 28 November 2019) was 'n bekende teken- en strokieskunstenaar. Hy het die bekende strokiesprent Louis die Laeveldleeu-reeks in 1974 geskep. Daarna het ander werke gevolg soos Werfbobbejaan, Bosveldbure en Kekkel en Kloek.
Sy werk is in onder andere Beeld, Die Burger, Sarie en Rapport gepubliseer.
Persoonlike lewe Sy vader was prof. I.D. Bosman en sy moeder Lettie. Die skrywer P.J. Bosman is sy broer.
Hy is in Wolmaransstad aan longontsteking oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, Celeste, drie kinders, Lize, Chantal en Niel en ses kleinkinders.
Bron Generasies het my sy humor grootgeword Rapport Weekliks, 8 Desember 2019
Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Suid-Afrikaanse strokiesprentkunstenaars