duimnael|links|Standbeeld van Agostinho Neto in Luanda António Agostinho Neto (17 September 1922 – 10 September 1979) het van 1975 as die eerste president van Angola gedien nadat hy die Populêre Beweging vir die Bevryding van Angola (MPLA) gelei het in die oorlog vir onafhanklikheid (1961–1974). Hy het tot en met sy dood die MPLA in die burgeroorlog (1975–2002) aangevoer. Hy is ook bekend vir sy literêre aktiwiteite en word beskou as Angola se mees vooraanstaande digter. Sy verjaardag word gevier as Nasionale Heldedag wat 'n openbare vakansiedag in Angola is.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Angola Kategorie:Diktators Kategorie:Kommuniste Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 1979