Lucebert (Nederlandse fonetiese uitspraak: ˈlucəbɛrt;Dit was die uitspraak wat die digter self gebruik het. geboortenaam Lubertus Jacobus Swaanswijk; 15 September 1924 – 10 Mei 1994) was 'n Nederlandse kunstenaar wat aanvanklik bekendheid verwerf het as 'n digter van die COBRA beweging.

Hy is in 1924 in Amsterdam gebore. Hy het in 1938 by die Instituut vir Kuns ingeskryf en in 1949 deelgeneem aan die eerste uitstalling van die COBRA-groep by die Stedelijk Museum in Amsterdam.

Biografie Lucebert se talent is ontdek toe hy ná skool by sy vader begin werk het. Na 'n halfjaar se klasse aan die kunsskool was hy tussen 1938 en 1947 sonder tuiste of roeping. In 1947 bied 'n Franciskaanse klooster aan hom 'n dak oor sy kop in ruil vir die verf van 'n groot muurskildery. Omdat die nonne nie sy werk waardeer het nie, het hulle dit egter met wit verf laat oorverf. Hy het tot die Nederlandse literêre beweging genaamd De Vijftigers behoort, wat sterk beïnvloed is deur die Europese avant-garde-beweging COBRA. Lucebert se vroeë werk toon veral hierdie invloed, en sy kuns in die algemeen weerspieël 'n taamlik pessimistiese lewensuitkyk. Sy sterk persoonlikheid het egter baie beïndruk. As digter het hy die grondslag vir 'n revolusionêre innovasie in Nederlandse poësie gelê.

Die meeste van sy digkuns is gebundel in Gedichten 1948–1965. Na hierdie tydperk het hy grotendeels vanaf die 1960's in die visuele kunsteveld, bekend as die figuratief-ekspressionistiese kunsbeweging, gewerk. Sy werk kan ook gevind word in vertaalde Engelse versamelbundels.

duimnael|Lucebert se frase "Alles van waarde is weerloos" op 'n gebou in Rotterdam Welbekend is sy reël "Alles van waarde is weerloos" uit die gedig De zeer oude zingt. Die Nederlandse byvoeglike naamwoord weerloos dra dieselfde betekenis as in Afrikaans, in die sin dat jy nie in staat daartoe is om jouself te verdedig nie, en dus is "alle dinge van waarde weerloos". Hierdie frase (insluitende sy naam) is in die 1980's bo-op die kantoorgebou van 'n versekeringsmaatskappy in Rotterdam (naby die Blaak-stasie) in neonletters geplaas. Dit was nie die eerste keer dat die bekende lyn gebruik is nie, maar dit is beslis die prominentste kommersiële gebruik daarvan; vandag vertoon nog drie geboue in die omgewing die frase teen hul mure.

Lucebert is op 10 Mei 1994 in Alkmaar, Nederland oorlede.https://www.flickr.com/photos/iisg/5616340414/in/set-72157626365265711

Voorbeelde van sy digkuns Visser van Ma Yuan onder wolken vogels varen onder golven vliegen vissen maar daartussen rust de visser

golven worden hoge wolken wolken worden hoge golven maar intussen rust de visser Uit: Van de afgrond en de luchtmens (1953)

Moore Het is de aarde die drijft en rolt door de mensen Het is de lucht die zucht en blaast door de mensen De mensen liggen traag als aarde De mensen staan verheven als lucht Uit de moederborst groeit de zoon Uit het vadervoorhoofd bloeit de dochter Als rivieren en oevers vochtig en droog is hun huid Als straten en kanalen staren zij in de ruimte Hun huis is hun adem Hun gebaren zijn tuinen Zij gaan schuil En zij zijn vrij Het is de aarde die drijft en rolt Het is de lucht die zucht en blaast Door de mensen

Uit: Apocrief (1952)

Bronne 1979 Keur uit die Nederlandse poësie, A.P. Grové, J.L. Steyn (samestellers),(Nasou Beperk), , Twaalfde druk.

Uitstallings 1949 – Internasionale Uitstalling van Eksperimentele Kuns, Stedelijk Museum, Amsterdam, Nederland 1959 – Stedelijk Museum, Amsterdam, Nederland 1961 – Stedelijk van Abbe-Museum, Eindhoven, Nederland 1963 – Staedtlische Kunstgalerie, Bochum, Duitsland 1963 – Marlborough New London Gallery, Londen 1964 – Museum Boymans-van Beuningen, Rotterdam; Kunsthalle Baden-Baden 1964 – Documenta 111, Kassel, Duitsland 1969 – Stedelijk Museum, Amsterdam 1969 – Kunsthalle Basel, Switserland – met Karel Appel en Tajiri 1977 – Stedelijk Museum, Amsterdam, Nederland 1982 – Kunsthalle, Mannheim, Duitsland 1983 – Kunstverein Hochrhein, Bad Säckingen, Duitsland 1984 – Stedelijk Museum, Amsterdam, Nederland 1985 – Rai, Kunstmesse Amsterdam, Nederland 1987 – Stedelijk Museum, Amsterdam, Nederland 1988 – Kunstmuseum Winterthur, Kunstverein Freiburg i.Br., Duitsland 1988 – Landesmuseum Oldenburg, Galerie im Taxispalais, Innsbruck, Oostenryk 1989 – Kunsthalle zu Kiel, Duitsland 1989 – Städtische Kunstgalerie, Bochum, Duitsland 1989 – Kunsthaus Grenchen, Grenchen, Switserland

Toekennings 1954 – prys vir literatuur van die stad van Amsterdam 1959 – Mediterreense-prys van die Paryse-biënnale 1962 – 2de "Marzotto-prys 1964 – Carlo Cardazzo-prys tydens die 32ste-biënnale in Venesië, Italië 1965 – Constantijn Huygens-prys 1967 – P.C. Hooft-prys – die hoogste eerbewys van die Nederlandse regering vir letterkunde 1983 – Prijs der Nederlandse Letteren

Openbare versamelings Van die openbare versamelings wat werke deur Lucebert Swaanswijk hou is onder andere: Museum de Fundatie, Zwolle

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 1994 Kategorie:Nederlandse digters