Willem I (Willem Frederik, Prins van Oranje-Nassau; 24 Augustus 1772 – 12 Desember 1843) was 'n Prins van Oranje; die eerste koning van Nederland en groothertog van Luxemburg.
Hy was van 1803 tot 1806 die heerser van die Prinsdom van Nassau-Oranje-Fulda en van 1813 tot 1815 van die prinsdom van Oranje-Nassau. In 1813 verklaar hy homself as soewereine prins van die Verenigde Nederlande. Hy het homself op 16 Maart 1815 tot koning van Nederland en hertog van Luxemburg uitgeroep. In dieselfde jaar op 9 Junie word Willem I ook die groothertog van Luxemburg en na 1839 was hy ook die Hertog van Limburg.
Na sy abdikasie in 1840 het hy homself voorgehou as Koning Willem Frederick, graaf van Nassau.
Verdere leeswerk Caraway, David Todd. "Retreat from Liberalism: William I, Freedom of the Press, Political Asylum, and the Foreign Relations of the United Kingdom of the Netherlands, 1814-1818" PhD verhandeling, Universiteit van Delaware, 2003, 341 bladsye. Abstrak: Dissertation Abstracts International 2003, Vol. 64 Uitgawe 3, bl. 1030-1030 Kossmann, E. H. The Low Countries 1780–1940 (1978) hoofstukke 3-4
Eksterne skakels
Willem I, Koning (1772-1843) by die Nederlandse Koninklike Huis webtuiste
Notas
Kategorie:Nederlandse monarge Kategorie:Geboortes in 1772 Kategorie:Sterftes in 1843