Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (Engels: Master of Business Administration - MBA) is 'n spesiale meestersgraad, bedoel vir mense met 'n Baccalaureus- of magistergraad en ten minste 'n paar jaar werkservaring. MBA is 'n professionele bedryfsadministratiewe en bedryfsekonomiestudie.
Oorsig Die ontwerp van die MBA-studie kom uit die Verenigde State, maar MBA word nou in baie lande onderrig. Anders as 'n gewone meesters, is MBA-kursus uiters prakties gerig. 'n MBA word nie altyd met 'n tesis afgesluit nie, maar aan die ander kant word daar gereeld gefokus op werkstukke en gevallestudies.
'n MBA-kandidaat kies ook meestal 'n hoofvak waarin hy wil spesialiseer: bemarkingsbestuur, finansiële bestuur, boekhouding, bedryfsnavorsing, bedryfsekonomie, personeelbeleid, besigheidsinligtingstegnologie, internasionale sakebestuur, kwaliteitsbeleid, nie-winsgewende sektor ensovoorts. Afhangend van die tradisie in die MBA-skool, word die studieprogram verder aangevul met 'byvakke' (tweede spesialiteit met minder 'krediete' as die hoofvak) of 'n reeks keusevakke uit ander sakedissiplines.
Die reeks MBA-kursusse is baie uiteenlopend van gehalte en wissel van bekende en uiters veeleisende studieprogramme tot titels met geen of uiters buigbare toelatingsvoorwaardes en minimum of geen eksamenvereistes nie. Sommige programme het ook 'n uitruilprogram vir studente en professore met ander internasionale sakeskole.
Die aantal plekke vir opleiding is dikwels beperk op hoogaangeskrewe programme en die kandidate word gekeur na die gehalte van vorige studies, verwysings en besigheidservaring. Die gestandaardiseerde GMAT-telling speel ook 'n belangrike rol in toelating tot internasionaal-bestuurde MBA-programme. Aan die ander kant het minder hoogaangeskrewe programme 'n baie breër aanstellingsbeleid, waardeur selfs die vereistes vir werkservaring nie altyd toegepas word nie.
Besigheidskole in Suid-Afrika BesigheidskoolInstitusieStadAkkreditasieJaar gesigSA Business SchoolJohannesburgCHE2015Regenesys Business SchoolJohannesburgCHE1999CIDA City CampusJohannesburgCHE2000Gordon Institute of Business Science (GIBS)Universiteit van PretoriaJohannesburg1CHE, Association of MBAs (MBA & DBA), AACSB GIBS DBA degree gets full international accreditation. Besoek op 21 Augustus 201220002 Graduate School of BusinessUniversiteit van KwaZulu-NatalDurbanCHE1974Henley Management College, South AfricaHenley Management CollegeJohannesburgCHE, Association of MBAs (MBA), EQUIS, AACSB1992Management College of Southern AfricaDurbanCHE1995Milpark Business SchoolJohannesburgCHE1997Nelson Mandela University Business SchoolNelson Mandela Metropolitaanse UniversiteitPort ElizabethCHE2005Graduate School of Business and Government LeadershipNoordwes-UniversiteitMahikengCHE2000Potchefstroom Business SchoolNoordwes-UniversiteitPotchefstroomCHE1998Regenesys Business SchoolJohannesburgCHE1999Regent Business SchoolJohannesburgCHE Rhodes Business School (RBS)Rhodes UniversiteitGrahamstadCHE, Association of MBAs (MBA) (onderweg) 2000Southern Business SchoolJohannesburgCHE1996South African College of Business (SACOB)KaapstadUmalusi (onderweg), CHE (onderweg)2011 School of Business Leadership (SBL)Universiteit van Suid-AfrikaMidrandCHE1965The Business School at Varsity CollegeThe Independent Institute of EducationVerskeie kampusse CHE1991Tshwane University of Technology Business SchoolTshwane-Universiteit van TegnologiePretoriaCHE1999Turfloop Graduate School of LeadershipUniversiteit van LimpopoPolokwaneCHE1997UCT Graduate School of Business (GSB)Universiteit van KaapstadKaapstadCHE, Association of MBAs (MBA), EQUIS, AACSB1964Universiteit Stellenbosch (USB)Universiteit StellenboschKaapstadCHE, Association of MBAs (MBA), EQUIS, AACSB1964University of the Free State Business SchoolUniversiteit van die VrystaatBloemfonteinCHE1999 Faculty of Economic and Financial Sciences Universiteit van Johannesburg (UJ)JohannesburgCHE1989Wits Business School (WBS)Universiteit van die WitwatersrandJohannesburgCHE, Association of MBAs (MBA)1968 1 GIBS bied besigheid spesifieke proramme in Londen, Verenigde Koninkryk
2 Nota: vanaf Januarie 2008 het GIBS die Graduate School of Management vervang.
Verwysings
Verdere leeswerk
Eksterne skakels
Kategorie:Bestuur Kategorie:Kwalifikasies