thumb|220px|Die Grootkruisster van 'n burgerlike ridder van die Badorde. Die Badorde (Engels: The Most Honourable Order of the Bath, voorheen bekend as die Most Honourable Military Order of the Bath) is ’n Britse ridderorde wat op 18 Mei 1725 deur George I op die been gebring is. Die naam kom van die Middeleeuse seremonie vir die aanstelling van ’n ridder, waarvan een van die elemente ’n bad was as simbool van reiniging. Die ridders wat so geskep is, was bekend as "Ridders van die Bad".Anstis, Observations, p. 4. George I het die Ridders van die Bad as ’n militêre orde gestig.Patentbrief gedateer 18 Mei 1725.

Die orde bestaan uit die monarg (tans Elizabeth II), die grootmeester (tans Charles, Prins van Wallis)London Gazette, uitgawe 46428, bladsy 12559. 10 Desember 1974 en lede wat in drie klasse ingedeel word:Statutes 1925, artikel 2. Grootkruisridder of Grootkruisdame (GCB) Ridder-kommandeur (KCB) of Dame-kommandeur (DCB) Genoot (CB)

Lede behoort tot óf die burgerlike óf die militêre afdeling.Statutes 1925, artikel 5. Voor 1815 het die orde net uit een klas, Riddergenoot (KB), bestaan, maar dit bestaan nie meer nie.

Ontvangers van die orde is nou gewoonlik senior militêre offisiere of senior staatsdiensamptenare.Statutes 1925, articles 8–12. Lede van die Statebond wat nie onderdane van die koningin is nie en buitelanders kan erelede gemaak word.Statutes 1925, artikel 8.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kultuur in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Ridderordes