Yitzhak Shamir (1915 - 2012) was 'n Israelse politikus wat aan die liberale Herut- en Likud-partye behoort het.

Shamir was vanaf 1974 tot 1996 'n lid van die Knesset en van 1977 tot 1980 ook die voorsitter van die Knesset gewees, en het (as waarnemer) baie ministersposte beklee. So was hy vanaf 1980 tot 1986 die minister van Buitelandse Sake, en van 1983 tot 1984 asook van 1986 tot 1992 die sewende eerste minister van Israel gewees. Tydens sy tweede ampstermyn het die Palestynse Eerste Intifada in 1987 aangevang.

Hy was in die Russiese Ryk gebore, en het in 1935 vanuit Pole na die Britse mandaat van Palestina geëmigreer. Hy was een van die paramilitêre Joodse organisasie Lechi se leiers gewees, en het van 1955 tot 1965 by die geheime diens die Mossad gewerk.

Eksterne skakels

Knesset se webwerf

Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Eerste Ministers van Israel Kategorie:Voorsitters van die Knesset Kategorie:Belarussiese Jode Kategorie:Poolse Jode Kategorie:Ministers van Arbeid Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Ministers van Omgewing Kategorie:Ministers van Sosiale Sake Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Sioniste Kategorie:Geboortes in 1915 Kategorie:Sterftes in 2012