Die Toeng-Tieng-meer (Chinees: 洞庭湖; pinyin: Dòngtíng Hú; Wade-Giles: Tung4-t'ing2 Hu2; Jyutping: Dung6-ting4 Wu4) is die grootste meer in die Volksrepubliek China en beslaan in die somer, wanneer dit die vloedwater van die Yangtze ontvang, sowat 20 000 km². In die winter is dit net een groot moeras – die boerplek van miljoene swane, wildeganse en wilde-eende. Die meer word stadigaan opgeslik. Die Chinese provinsies Hubei en Hunan is na hul ligging tenoor die meer genoem: Hubei beteken "noord van die meer" en Hunan "suid van die meer".
Bronnelys Kennis, 1980, , volume 1, bl. 97
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van die Volksrepubliek China Kategorie:Mere in Asië