Die Katedraal van Florence, amptelik bekend as die (Italiaanse fonetiese uitspraak: katteˈdraːle di ˈsanta maˈriːa del ˈfjoːre; in Afrikaans: "Katedraal van die heilige Maria van die Blom"), is die katedraal van Florence, Italië (Italiaans:Duomo di Firenze). Daar is in 1296 begin met die bouwerk daarvan. Dit is gebou in die Gotiese argitekstyl ingevolge 'n ontwerp deur Arnolfo di Cambio. Die struktuur daarvan is in 1436 voltooi, met die koepel wat deur Brunelleschi ontwerp is. Die buitekant van die basiliek is oorlê met polichroom marmerpanele in verskeie skakerings van groen en pienk. Die vooraansig is deur Emilio De Fabris ontwerp in die uitgebreide styl van die 19de eeuse Gotiese Herlewing.
Die hele katedraalstruktuur wat in die Piazza del Duomo geleë is, sluit die Florence-doopvont en Giotto se Campanile (kloktoring) in. Hierdie drie geboue is deel van 'n Wêrelderfenisgebied wat die historiese sentrum van Florence dek en 'n groot toeristeaantreklikheid in Toskane. Die basiliek is een van Italië se grootste kerke, en die koepel was tot die ontwikkeling van nuwe strukturele materiale in die moderne era die grootste koepel ter wêreld. Dit bly egter een van die grootste bestaande baksteenkoepels wat ooit gebou is. Die katedraal is die moederkerk van die Rooms-Katolieke Aartsbisdom van Florence, tans aartsbiskop Giuseppe Betori.
Geskiedenis duimnael|Cattedrale di Santa Maria del Fiore Die Santa Maria del Fiore is op die plek van Florence se tweede katedraal gebou, wat aan die heilige Reparata gewy is;Bartlett, bl. 36–37; volgens Bartlett het die inwoners van Florence vir 'n geruime tyd na konstruksie steeds die katedraal op sy voormalige naam te noem. die eerste was die Basilica di San Lorenzo di Firenze waarvan die eerste gebou in 393 deur Sint Ambrosia van Milaan as 'n kerk ingewy is. Die antieke struktuur wat in die vroeë 5de eeu opgerig is, was volgens die 14de eeuse Nuova Cronica van Giovanni Villani as gevolg van verskeie kere se herstelwerk asook ouderdom in 'n vervalle toestand gewees,Barlett, 36. en was nie meer groot genoeg om die stad se groeiende bevolking te akkommodeer nie. Ander groot Toskaanse stede het gedurende die laat-middeleeuse tydperk ambisieuse rekonstruksies van hul katedrale onderneem, soos byvoorbeeld Pisa en vernaam Sienna waar die enorme voorgestelde uitbreidings nooit voltooi is nie.
duimnael|links|150px|Giotto se kloktoring (campanile)
Die nuwe kerk is deur Arnolfo di Cambio ontwerp en in 1294 deur die stadsraad goedgekeur. Di Cambio was ook die argitek van die kerk van Santa Croce en die Palazzo Vecchio. Hy het drie wye nawels ontwerp wat eindig onder die oktagonale koepel, met die middelste naaf wat die area van Santa Reparata dek. Die eerste steen is op 9 September 1296 deur Kardinaal Valeriana, die eerste pouslike gesant ooit wat na Florence gestuur is, gelê. Die bou van hierdie ontsaglike groot projek sou 140 jaar duur; Arnolfo se plan vir die oostelike deel (alhoewel dit in konsep behou is) was wat die grootte daarvan betref wesentlik uitgebrei gewees.
duimnael|Die Duomo in 'n voorstelling daarvan in voltooide toestand, in 'n fresko deur Andrea di Bonaiuto wat in die 1360's geskilder is, voor die aanvang van die bouwerk aan die koepel Nadat Arnolfo in 1302 dood is, het dit werk aan die katedraal vir byna vyftig jaar vertraag. Toe die relieke van die heilige Zenobius in 1330 in Santa Reparata ontdek is, het die projek egter nuwe dryfkrag gekry. In 1331 het die Arte della Lana, die gilde van wolhandelaars, as beskermhere vir die konstruksie van die katedraal oorgeneem en in 1334 vir Giotto aangestel om toesig oor die werk te hou. Hy was hierin bygestaan deur Andrea Pisano, en het voortgegaan met di Cambio se ontwerp. Sy grootste prestasie was die bou van die campanile (kloktoring). Toe Giotto op 8 Januarie 1337 sterwe, het Andrea Pisano met die bouwerk voortgegaan totdat werk in 1348 as gevolg van die Swart Dood gestaak is.
In 1349 is werk aan die katedraal onder 'n reeks argitekte hervat, beginnende met Francesco Talenti, wat die campanile (kloktoring) voltooi het en die totale projek uitgebrei het om die apsis en die sy-kapelle in te sluit. In 1359 word Talenti opgevolg deur Giovanni di Lapo Ghini (1360–1369) wat die middelste naaf in vier dele verdeel het. Ander argitekte wat betrokke was, was Alberto Arnoldi, Giovanni d'Ambrogio, Neri di Fioravante en Andrea Orcagna. Teen 1375 is die ou kerk (Santa Reparata) gesloop. Die naaf is teen 1380 voltooi, en teen 1418 het slegs die koepel nog onvoltooid gebly.
duimnael|regs|Optog buite die katedraal in die 18de eeu Op 18 Augustus 1418 kondig die Arte della Lana 'n argitek-ontwerpkompetisie aan vir die oprig van Neri se koepel. Die twee belangrikste mededingers was twee meestergoudsmede, Lorenzo Ghiberti en Filippo Brunelleschi. Laasgenoemde is deur Cosimo de Medici gesteun. Ghiberti was die wenner van 'n kompetisie vir 'n stel bronsdeure vir die doopvont in 1401 gewees, en die twee sou lewenslank mededingers bly. Brunelleschi het uiteindelik geseëvier en die opdrag verkry.
Ghiberti het as mede-toesighouer 'n salaris gelykstaande aan dié van Brunelleschi verdien. Toe Brunelleschi siek geword het of ongesteld was, is die projek vir kort tye in die hande van Ghiberti gelaat. Maar Ghiberti moes egter gou erken dat die gehele projek bo sy vuurmaakplek was. In 1423 was Brunelleschi weer in beheer en het hy die volle verantwoordelikheid oorgeneem.King, bl. 76–79.
Werk aan die koepel is in 1420 begin en in 1436 voltooi. Die katedraal is op 25 Maart 1436, (die eerste dag van die jaar volgens die Florentynse kalender), deur Pous Eugene IV ingewy. Dit was die eerste agthoekige koepel in die geskiedenis wat sonder 'n tydelike houtsteunraam gebou is. Dit was een van die mees indrukwekkende projekte van die Renaissance. Tydens die inwyding daarvan in 1436 is Guillaume Dufay se motet (musiekstuk) Nuper rosarum flores uitgevoer.
duimnael|Die Duomo en doopvont van die heilige Johannes soos gesien vanaf die Piazza del Duomo. Die versiering van die buitekant van die katedraal, wat in die 14de eeu begin is, is eers in 1887 voltooi, toe die polichroom marmerfasade ingevolge 'n ontwerp deur Emilio De Fabris voltooi is. Die kerk se vloer is in die 16de eeu in marmerteëls her-uitgevoer.
Die buitemure is met afwisselende vertikale en horisontale bande van polichroom marmer van Carrara (wit), Prato (groen), Siena (rooi), en Lavenza uitgevoer. Hierdie marmerdele moes die reeds bestaande dele teen die mure van die vroeëre aangrensende doopvont, die Battistero di San Giovanni en Giotto se kloktoring, herhaal. Daar is twee sydeure: die Deure van die Canonici (suidekant) en die Deur van die Mandorla (noordekant) met beeldhouwerke deur Nanni di Banco, Donatello, en Jacopo della Quercia. Die ses syvensters, veral opvallend vir hul fyn versiering en ornamente, word by wyse van kolomme van mekaar geskei. Slegs die vier vensters naaste aan die arms van die naaf (in kerke wat kruisvormig is; transep) gee lig; die ander twee is bloot ornamenteel. Die vensters aan die boonste gedeelte van die kerk, koor en transep van die kerk is rond, 'n algemene kenmerk in Italiaans-Gotiese argitektuur.
Gedurende die lang geskiedenis daarvan, was die katedraal die setel van die Raad van Florence (1439); dit was ook die ligging vir die preke van Girolamo Savonarola gewees; en was verder onder meer getuie tot die moord op Giuliano di Piero de' Medici op Sondag 26 April 1478 (met Lorenzo Il Magnifico wat skrams die dood vrygespring het) tydens die Pazzi-sameswering.
Buitekant
Plan en struktuur duimnael|Plan van die kerk met verskeie uitbreidingsfases Die katedraal van Florence is gebou as 'n basiliek, met 'n breë sentrale naaf van vier vierkantige inhamme of nisse, met 'n gang aan weerskante. Die kansel en transepte is in 'n identiese veelhoekige plan, geskei deur twee kleiner veelhoekige kapelle. Die hele plan vorm 'n Latynse kruis. Die skip (of naaf) en gange word van mekaar geskei deur breë, puntige Gotiese boë wat op saamgestelde steunpilare rus.
Die afmetings van die gebou is enorm, met 'n bouarea van 8 300 vierkante meter, 'n lengte van 153 m, 'n wydte van 38 m en wydte by die kruising van 90 m. Die hoogte van die boë in die gange is 23 m. Die hoogte van die koepel is 114,5 m.
Beplande beeldhouwerke vir die buitekant Die opsigters van die kantoor van werke van die Florence-katedraal, wat meestal uit lede van die invloedryke wolkleedgilde (die Arte della Lana) bestaan het, was van plan om 'n reeks van twaalf groot Ou Testamentiese beeldhouwerke vir die stutte van die katedraal aan te vra.Charles Seymour, Jr. "Homo Magnus et Albus: the Quattrocento Background for Michelangelo's David of 1501–04," Stil und Überlieferung in der Kunst des Abendlandes, Berlyn, 1967, II, 96–105.Donatello, wat in die stadium in sy vroeë twintigerjare was, is in 1408 opdrag gegee om 'n standbeeld van Dawid te maak om bo een van die stutte van die katedraal geplaas te word, alhoewel dit nooit daar geplaas is nie. Nanni di Banco is in dieselfde jaar versoek om 'n marmerbeeld van Jesaja te maak. Een van die standbeelde is in 1409 by sy aangewese plek geplaas, maar daar is bevind dat die standbeeld te klein was om geredelik van die grond af sigbaar te wees en dit is dienooreenkomstig verwyder; beide beeldhouwerke het daarna vir etlike jare in die werkswinkel van die opera verdwyn.Janson, bl. 3–7Pope-Hennessey, John (1958) Italian Renaissance Sculpture, Londen, bl. 6–7Poeschke, bl. 27. In 1410 het Donatello die eerste van die standbeelde – 'n figuur van Josua – in terracotta gemaak. In 1409–1411 het Donatello 'n standbeeld van Sint Johannes die Evangelis gemaak wat tot 1588 in 'n nis van die ou katedraal se vooraansig geplaas was. 'n Figuur van Hercules, ook in terracotta, is in 1463 aangevra van die Florentynse beeldhouer Agostino di Duccio en is moontlik onder leiding van Donatello gemaak.Seymour, 100–101. 'n Standbeeld van Dawid deur Michelangelo is 1501–1504 voltooi, hoewel dit weens die gewig daarvan ('n allemintige ses ton) nie op die stutte geplaas kon word nie. In 2010 is 'n veselglasreplika van "Dawid" vir een dag op die Florence-katedraal geplaas.
Koepel Aan die begin van die 15de eeu het die struktuur se koepel na etlike jare se konstruksiewerk steeds ontbreek. Die basiese kenmerke van die koepel is in 1296 deur Arnolfo di Cambio ontwerp. Sy baksteenmodel (4,6 m hoog en 9,2 m lank) het in 'n sygang van die onvoltooide gebou gestaan en was vir 'n lang tydperk as onaantasbaar beskou.King, bl. 10 Dit het 'n agthoekige koepel behels wat hoër en wyer was as enige koepel wat vantevore gebou is, met geen eksterne stutte om te verhoed dat dit onder sy eie gewig ineenstort nie.
Die verwerping van tradisionele Gotiese stutte is gemaak toe Neri di Fioravanti se model gekies is bo 'n mededingende model deur Giovanni di Lapo Ghini.King, bl. 9. Hierdie argitektoniese keuse, wat in 1367 geneem is, was een van die eerste gebeurtenisse in die Italiaanse Renaissance wat 'n breuk met die karakteristieke van Gotiese kerke en katedrale (Middeleeus-Gotiese) daargestel het, en 'n terugkeer na die klassieke mediterreense koepel was. Italiaanse argitekte het Gotiese stutte as onooglike proefnemings beskou. Verder meer, is die gebruik van stutte in Florence verbied, aangesien dié styl verkies is deur Sentraal-Italië se tradisionele vyande in die noorde.King, bl. 7. Neri se model het 'n massiewe binnekoepel in die vooruitsig gestel, wat aan die bokant oop was ten einde lig in te laat soos in die Panteon], maar omhul in 'n dunner buitenste dop wat gedeeltelik ondersteun is deur die binnekoepel om ongure weer uit te hou. Dit sou op 'n ongestutte agthoekige Tholobate (drom) staan. Neri se koepel sou egter 'n interne struktuur of beskerming nodig hê om hoepelspanning te voorkom, maar teen daardie tyd was dit nog geensins ontwerp nie.
duimnael|links|Koepel gesien vanaf Giotto se Campanile