Kruger 60 is ’n dubbelster 13,15 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kefeus. Die twee rooidwerge wentel elke 44,6 jaar om mekaar.

Beskrywing Die grootste en dus primêre ster is komponent A en die kleiner ster komponent B. Komponent A het ’n massa van sowat 27% dié van die Son en ’n radius van sowat 35% die Son s’n, en komponent B onderskeidelik 18% en 24%. B is ’n opvlamster met die naam DO Cephei. Dit het ’n onreëlmatige opvlamming wat binne ’n tydperk van agt minute min of meer verdubbel en dan terugkeer na normaal.

Die gemidddelde afstand tussen die sterre is 9,5 AE, wat rofweg die afstand tussen die Son en Saturnus is. Hulle eksentrieke wentelbane veroorsaak egter dat die afstand tussen 5,5 en 13,5 AE wissel.

Die stelsel wentel om die Melkweg op ’n afstand van die kern wat wissel tussen 22 en 29 ligjare, met ’n baaneksentrisiteit van 0,126-0,130. Hulle naaste afstand van die Son sal in sowat 88 600 jaar wees, wanneer dit binne 6,3 ligjare van ons af sal wees.

Oorsprong van 2I/Borisov

Kruger 60 is deur Dybczyński, Królikowska en Wysoczańska voorgestel as die oorsprong van die interstellêre komeet 2I/Borisov, voorheen bekend as C/2019 Q4 (Borisov). Die skrywers het die komeet se baan teruggespoor en tot die gevolgtrekking gekom dat dit ’n miljoen jaar gelede binne 5,7 ligjare van Kruger 60 af verbybeweeg het teen ’n lae snelheid van 3,43 km/s. Toe dié resultate gepubliseer is, is dit beskou as voorlopig, aangesien 2I/Borisov se wentelbaan nog bestudeer word.

Verwysings

Eksterne skakels Hoëresolusiefoto

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:M-tipe hoofreekssterre