duimnael Akira Yoshino (吉野 彰 Yoshino Akira, gebore 30 Januarie 1948) is a Japannese chemikus. Hy is 'n professor van Meijo Universiteit. Hy is die uitvinder van die litiumioonbattery wat gereeld in selfone en skootrekenaars gebruik word. Hy is in 2019 met die Nobelprys vir Chemie toegeken, saam met John B. Goodenough en M. Stanley Whittingham.

Vroeë lewe en onderwys Yoshino is gebore in Suita op 30 Januarie 1948. Hy het 'n B.S. (1970) en 'n M.S. in Ingenieurswese (1972) by die Universiteit van Kioto en 'n Doktorsgraad in Ingenieurswese van Osaka Universiteit in 2005 verwerf.

Loopbaan Akira Yoshino het sy hele nie-akademiese loopbaan deurgebring by Asahi Kasei Corp. 1972: Begin werk by Asahi Kasei Corp. 1982: Begin werk by die Kawasaki Laboratorium by Asahi Kasei 1992: Bestuurder, Produkontwikkelingsgroep, Litiumioonbattery Besigheidspromosie-afdeling, Asahi Kasei Corp. 1994: Bestuurder, Tegnieseontwikkeling, A&T Battery Corp. (LIB vervaardiger. Gesamentlike onderneming van Asahi Kasei en Toshiba)) 2003–hede: Groepgenoot, Asahi Kasei Corp. / navorsing oor volgende generasie temas 2005–hede: Algemene bestuurder, Yoshino Laboratorium, Asahi Kasei Corp. / gevorderde batterynavorsing

Toekennings 1998 : Chemical Technology Prize van die Chemical Society of Japan 1999 : Battery Division Technology Award van die Electrochemical Society 2001 : Ichimura Prizes in Industry—Meritorious Achievement Prize 2003 : Commendation for Science and Technology by the Minister of Education, Culture, Sports, Science and Technology—Prize for Science and Technology, Development Category 2004 : Medal with Purple Ribbon, van die Regering van Japan 2011 : Yamazaki-Teiichi Prize van die Foundation for Promotion of Material Science and Technology of Japan 2011 : C&C Prize van die NEC C&C Foundation 2012 : IEEE Medal for Environmental and Safety Technologies van die IEEE 2013 : Global Energy Prize 2014 : Charles Stark Draper Prize 2018 : Japan Prize 2019 : European Inventor Award 2019 : Nobelprys vir Chemie

Verwysings

Eksterne skakels

Die vader van litiumioonbatterye (Chemistry World, Julie 2018)

Kategorie:Japannese wetenskaplikes Kategorie:Akademici Kategorie:Chemici Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Nobelprys vir Chemie wenners