duimnael|'n Koppie koffie
'n Koffie-enema is die prosedure waarmee koffie deur die anus gespuit word om die rektum en dikderm te reinig. Daar is geen mediese of ander wetenskaplike bewyse van 'n positiewe uitwerking van 'n koffie-enema nie. Die proses kan lei tot bloedvergiftiging, erge elektrolietwanbalans, kolitis, proktokolitis, interne brandwonde, rektale perforasie en selfs breinabsesse of hartversaking.
Geskiedenis Die idee van kolonreiniging dateer van die tydperk van die antieke Egiptenare en die idee om koffie vir 'n enema te gebruik is nie nuut nie. Dit is in 1917 ontwikkel en verskyn tot 1972 in die Merck-handboek.
In 1920 het Duitse wetenskaplikes die effek van kafeïen op die galbuise en dunderm ondersoek. Max Gerson het voorgestel dat koffie-enemas 'n positiewe uitwerking op die spysverteringstelsel het. Gerson het gesê dit het positiewe ontgiftingseffekte wat bydra tot die herstel van sy pasiënte. Hy het beweer dat, in teenstelling met soutenemas, koffie in die enema deur die gladdespier van die dunderm en die lewer beweeg. Dit, het hy gesê, stimuleer die outonome senustelsel op dieselfde manier as wanneer kafeïen per mond ingeneem en die vrystelling van gal in die lewer geaktiveer word. Dit maak die spysverteringskanaal nog skoner en verwyder meer gifstowwe as 'n normale enema. Hy het gereeld aan sy pasiënte gesê dat "koffie-enemas nie gegee word vir die werking van die ingewande nie, maar om die lewer te stimuleer".
Die beoefening van kolonreiniging het in die negentigerjare 'n herlewing beleef, en op hierdie tydstip is koffie-enemas gebruik as alternatiewe kankerbehandelings.
Gevolge en gevare Sommige voorstanders van alternatiewe medisyne het beweer koffie-enemas het 'n vinnige ontgiftingseffek deur metaboliese produkte van gewasse te "ontgif". Daar is geen wetenskaplike bewyse wat enige ontgiftings- of kankerwerende effek van koffie-enemas ondersteun nie.
Koffie-enemas kan ernstige newe-effekte veroorsaak (sommige is algemeen by ander soorte enemas), insluitend infeksies, bloedvergiftiging, erge elektrolietwanbalans, kolitis, proktokolitis, ingewandskoors, breinbesmetting en hartversaking.
As die koffie te vinnig ingevoeg word of te warm is, kan dit die ingewande brand of perforasie van die rektum veroorsaak.
Die toediening van koffie elke twee uur word verbind met twee sterfgevalle as gevolg van ernstige elektrolietwanbalans, hiponatremie (tekort aan natrium), dehidrasie en water om die longe en hart.
Verwysings
Kategorie:Alternatiewe medikasie