thumb|260px|Rocío Chalup, koningin van die Arabiese gemeenskap in Argentinië in 2005, tydens ’n immigrantefees in Oberá, Misiones. Die term Arabiese diaspora verwys na afstammelinge van Arabiere wat, gewillig of as vlugtelinge, uit hul geboorteland na nie-Arabiese lande geëmigreer het, veral in Noord- en Suid-Amerika, Europa en dele van Suid- en Suidoos-Asië, die Karibiese See-gebied en Wes-Afrika.
Oorsig Arabiese uitgewekenes dra by tot die kapitaal in die Arabiese wêreld en help dus streekontwikkeling aan. In 2009 is $35,1 miljard uit Amerika na Arabiese lande gestuur, en geld wat van ander Arabiese lande na Jordanië, Egipte en Libanon gestuur is, was 40 tot 190% hoër as handelsinkomste tussen hierdie en ander Arabiese lande.
Groot getalle Arabiere het na Wes-Afrika migreer, veral die Ivoorkus, Senegal,Lebanese Immigrants Boost West African Commerce, deur Naomi Schwarz, voanews.com, 10 Julie 2007 Sierra Leone, Liberië en Nigerië.Lebanese man shot dead in Nigeria, BBC News
Volgens die tydskrif Aramco World is die grootste konsentrasie Arabiere buite die Arabiese wêreld in Brasilië, wat 9 miljoen burgers van Arabiese oorsprong het. Van dié 9 miljoen is 6 miljoen van Libanese afkoms. Ander Brasiliane van Arabiese oorsprong is uit Sirië, Palestina, Jordanië, Egipte en Saoedi-Arabië.
Groot Arabiese gemeenskappe kom ook voor in Argentinië, Venezuela,Habeeb Salloum, "Arabs Making Their Mark in Latin America: Generations of Immigrants in Colombia, Venezuela and Mexico", Al Jadid, Vol. 6, no. 30 (Winter 2000). Colombia, Mexiko en Chili. Palestyne word veral aangetref in Chili en Sentraal-Amerika, hoofsaaklik in El Salvador en die Honduras. Die Palestyne gemeenskap in Chili is die vierde grootste in die wêreld (naas dié in Israel, Libanon en Jordanië). In die VSA is daar sowat 3,5 miljoen mense van Arabiese oorsprong.
Daar is boonop na raming 4 miljoen Indonesiërs wat minstens gedeeltelik van Arabiese herkoms is.The world's successful diasporas, World Business
Verwysings
Eksterne skakels Internasionale Organisasie vir Migrasie – streekkantoor vir die Midde-Ooste Die Arabiere van Brasilië
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Arabiese wêreld