Johan (Jan) Jambon (gebore op 26 April 1960 in Genk) is 'n Belgiese politikus en lid van die N-VA. (die Nieu-Vlaamse Alliansie is 'n Vlaams-nasionalistiese party).

Sedert 2 Oktober 2019 is hy eerste minister van die Vlaamse Jambon-kabinet Die Jambon-kabinet bestaan uit die Vlaams-nasionalistiese N-VA, die christendemokratiese CD&V en die regsliberale Open Vld. en tewens minister van Buitelandse Sake, Kultuur, Inligtingstegnologie en Fasiliteit-bestuur van Vlaandere. Sedert 2013 is hy ook burgemeester van die Antwerpse munisipaliteit Brasschaat. Jambon was vanaf 2014 tot 2018 'n adjunk-premier en minister van Veiligheid en Binnelandse Sake in die federale Michel I-kabinet gewees.

Voor sy politieke loopbaan het hy onder ander by IBM en as direkteur van die Bank Card Company gewerk. Hy het rekenaarwetenskap aan die Vrye Universiteit Brussel gestudeer en 'n MBA (Master of Business Administration - Afrikaans: Meestersgraad in Besigheidsadministrasie) aan die Universiteit Antwerpen gevolg.

Jan Jambon is getroud en het vier kinders.

Verwysings

Bronne Jan Jambon op die N-VA se webwerf

Eksterne skakels

Jan Jambon op die Vlaamse Regering se webwerf Jan Jambon se webwerf

Kategorie:Belgiese adjunk-premiers Kategorie:Belgiese burgemeesters Kategorie:Belgiese ministers Kategorie:Eerste Ministers van Vlaandere Kategorie:Hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense