duimnael|Hoewel die amptelike taal Engels is, kan uit hierdie foto (met voorbeelde van Engels, Duits, Afrikaans en Oshiwambo) gesien word dat Namibië 'n veeltalige land is

Namibië het ’n wye verskeidenheid tale van verskeie taalfamilies: Germaanse, Bantoe- en verskeie Khoisantaalfamilies. Toe Namibië as Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse beheer was, was Afrikaans, Duits en Engels die amptelike tale. Ná Namibië se onafhanklikwording in 1990 het Engels kragtens die grondwet die enigste amptelike taal geword. Duits en Afrikaans is deur baie as oorblyfsels van kolonialisme beskou.

Taalverspreiding Die tale wat in die meeste huise in Namibië gepraat word, is Oshiwambo-dialekte, deur 49% van die bevolking, Damara Nama Damara language (11%), Afrikaans (10%), Kawango (9%) en Herero (9%). Ander inheemse tale sluit in die Bantoetale Tswana, Gciriku, Fwe, Kuhane, Mbukushu en Yeyi; en die Khoisantale Naro, ǃXóõ, Kung-Ekoka en ǂKxʼauǁʼein. Engels, die amptelike taal, word deur 3% van die bevolking as moedertaal gepraat. Sowat 60% van die wit bevolking praat Afrikaans, 32% Duits, 7% Engels en 1% Portugees.

Inheemse tale word op laerskoolvlak in sillabusse ingesluit. In staatskole is Engels die onderrigtaal. Afrikaans is die enigste taal wat na aan ’n lingua franca kom en word deur die meeste swart mense gepraat tesame met Engels en hul moedertaal.

Taalgroep Taal/Tale ISO-kode Moedertaalsprekers(in Namibië) Huishoudings met hooftaal Verspreiding as 'n moedertaal(2011) Status Niger-Kongo-tale(Bantoetale) Oshiwambo Oshikwanyama(insluitende Oshimbalanhu) kua(lnb) 1 035 373 (49%) 227 103 (48,9%) senter|100px Nasionale taal Oshindonga(insluitende Oshikwambi) ndo(kwm) Nasionale taal Otjiherero Herero(insluitende Otjihimba) her(dhm) ~150 000–200 000 40 000 (8,6%) senter|100px Nasionale taal Lozi Lozi(insluitende CisubiyaChifweShiyeyiChitotela) loz(sbs)(fwe)(yey) >100 000 22 484 (4,8%) senter|100px Nasionale taal Tswana Tswana tsn ~12 000 1 328 (0,3%) senter|100px Nasionale taal Kawango Kwangali bnt 180 000 39 566 (8,5%) senter|100px Nasionale taal Indo-Europese tale(Wes-Germaanse tale) Afrikaans Afrikaans afr 219 753 (10,4%) 48 238 (10,4%) senter|100px Nasionale taal Duits Duits deu ~19 500 (0,9%) 4 359 (0,9%) senter|100px Nasionale taal Engels Engels eng 71 842 (3,4%) 15 912 (3,4%) senter|100px Amptelike taal Khoisan-tale Khoekhoegowab Khoekhoegowab(insluitende NamaDamaraHaiǁomTopnaar) (naq)(dam)(hgm)(top) 238 769 (11,3%) 52 450 (11,3%) senter|100px Nama en Damara: Nasionale tale San-tale ǃKung(insluitende Juǀ’hoanǃ'O-ǃKhungǃXung,ǂKx'auǁeinJu-ǂHõã) vaj(ktz)(knw) 3 745 (0,8%) senter|100px Kxoe Naro nhr ǃXóõ nmn

Tale wat die meeste gepraat word Hooftaal 2001 2011 Oshiwambo 48,5 48,9 Khoi/Nama/Damara 11,5 11,3 Afrikaans 11,4 10,4 Herero 7,9 8,6 Kawango 9,7 8,5 Lozi 5 4,8 Engels 1,9 3,4 Duits 1,1 0,9 San 1,2 0,8 Ander 1,8 2,4 Bron: 2001-sensus en 2011-sensus

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia