Inleiding Diegene wat die reeks volg, sal weet dat die geskiedenis van Israel gevolg is van die skepping af deur die aartsvaders tot by Josef in Egipte en waar Jakob en sy familie ook na Egipte is. Daarna is gekyk na die uittog uit Egipte en die 40 jaar swerwing in die woestyn. Verder was daar gekyk na die inname van Kanaän en die verdeling van die land tussen die stamme van Israel. Daar word nou gekyk na die rigterstydperk.

Rigters dek die geskiedenis van Israel vanaf die dood van Josua tot met die tyd van Samuel - ongeveer 1220 1050 vC. Dit was 'n oorgangstydperk toe die verspreide stamme slegs deur hulle gemeenskaplike geloof aan mekaar verbind was. Trou aan God het 'n sterk en verenigde volk beteken, afvalligheid het swakheid en verdeeldheid meegebring.

Die skrywer kyk terug, waarskynlik vanaf die dae van Israel se eerste konings - Saul of Dawid - na die tyd toe die volk nog geen koning gehad het nie. Hy het geskryf ná die verwoesting van die heiligdom by Silo,Rigt. 18:31. maar voordat Dawid Jerusalem verower het.Rigt. 1:21. Hy vleg die verhale van die volk se helde saam: Debora se lied wat net na die slag geskryf is, haal hy woordeliks aan. Ses van die twaalf rigters wat genoem word, word in besonderhede beskryf Otniël, Ehud, Debora, Barak, Gideon, Jefta en Simson. Hierdie "rigters" van Israel was nie maar net regsadviseurs nie. Hulle was manne van die daad wat 'n stam of die ganse volk van die juk van buurvolke bevry en plaaslike of nasionale heersers geword het.

Die toneel in Rigters is neerdrukkend. Die lotgevalle van die volk volg 'n kringloop. Israel verlaat god vir die heidense gode. God laat toe dat die Kanaäniete hulle onderdruk. Israel roep God om hulp. God stuur iemand om hulle te verlos. Alles gaan goed tot met sy dood: dan begin alles weer van voor af. Nêrens anders in die Bybel word die mens se geneigdheid tot die sonde beter getipeer nie - 'n neiging wat selfs na vore kom in diegene wat God ken.

Die wonder is God se onberoulike liefde en troue sorg ondanks alles. Ten spyte van hulle ontrouheid van die verlede en die van die toekoms, en ten spyte van wat Hy weet weer sal gebeur, gee hy gehoor so gou as wat Israel hulle na Hom wend. En hy gebruik diegene wat die minste moontlikheid toon: Jael, wat al die heilige wette van gasvryheid oortree; Ehud, wat sluipmoord pleeg; Simson wat vrye geslagtelike verkeer bedryf; 'n volk wat hulle verlustig in wrede wraaksug teen hulle vyande. Nêrens prys die bybel hierdie dinge of probeer om die individue wat het die dinge gedoen het, goed te praat nie. God gebruik hulle vanweë hulle geloof,Heb. 11:32. en ten spyte van hulle sedes. Omdat God so 'n God is, is daar hoop vir sondige mense.

Kronologie. Oosterse skrywers toon nie dieselfde noukeurigheid as westerse skrywers wat tydsberekening betref nie. Die tyd in rigters dek altesaam 390 jaar. Tog, met 1240 as die mees waarskynlike datum vir die verowering, moet die tydperk wat gedek word minder as 200 jaar wees. Een van die redes vir hierdie oënskynlike teenstrydigheid is die oorvleueling tussen die tydperke van die verskillende rigters. Ons weet byv. uit vers 10:7 dat die onderdrukking deur Ammoniete in die ooste en die deur die Filistyne in die weste ongeveer gelyktydig plaasgevind het. Dit is moontlik dat daar elders aansienlike oorvleueling is. 'n Verdere faktor is die herhaalde gebruik van 40 jaar as 'n ronde syfer vir 'n geslag eerder as 'n presiese tydperk.

AEC Cundall stel die volgende geskatte kronologie voor:

1200 Otniël

1170 Ehud

1150 Samgar

1125 Debora en Barak

1100 Gideon

1070 Jefta

1070 Simson

Omvang en grense van die verowering na die dood van JosuaRigt. 1-2:5.

Veldtogte in Suid-KanaänRigt.1:1-21. Op bevel van die Here het Juda dan gaan veg en die Here het die Kanaäniete en die feresiete in juda se mag oorgegee en hy het in besit 10000 man verslae daar het hy op 'n donnie besit afgekom en teen hom geveg en die Kanaaniete en Feresiete in Juda se mag oorgegee en hy het in Besek 10 000 man verslaan. Daar het hy op Adoni-Beset afgekom en teen hom geveg en die Kanaäniete en Feresiete verslaan. Adoni-Beset het gevlug, Maar Juda het hom agternagesit en hom gevang. Hulle het sy duime en groottone afgesny. Toe sê Adoni-Besek:

"God het my nou die straf gegee wat ek verdien, want ek het sewentig konings se duime en groottone laat afsnyx en hulle moes kos soek onder my tafel."

Juda het vir Adoni-Beset Jeruselem toe gevat en hy is daar dood.

Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem. Hulle het sy inwoners doodgemaak en die stad aan die brand gesteek. Daarna het Juda gaan veg teen die Kanaäniete wat gewoon het op die bergland, in die suidland en in die laeveld.

Toe het Juda teen die Kanaäniete van die Hebron gaan veg en vir Sesai, Agiman en Talmai verslaan. Hebron was vroeër bekend as Kirjat-Arba. Van hier af het hulle teen die mense van die Debir gaan veg. Deber was vroeër bekend as Kirjat-Sefer.

By daardie geleentheid het Kaleb beloof:

"Ek sal my dogter Aksa as vrou gee aan die man wat vir Kirjat-Sefer aanval en inneem."

Otniël seun van Kenas, het dit ingeneem en Kaleb het sy dogter Aksa vir hom as vrou gegee. Toe sy by hom kom het hy haar aangepor om vir haar pa landbougrond te vra. Sy het van haar donkie afgeklim en Kaleb het vir haar gevra:

"Wat wil jy vir my vra?"

Toe sê sy vir hom:

"Gee my 'n stuk vrugbare grond. U het my die droë suidland gegee. Gee my nou ook standhoudende water."

Kaleb het toe vir haar fonteine in die hooggeleë deel en fonteine in die laaggeleë deel gegee.

Die Here was by Juda en hulle het die bergland in besit geneem. Maar juda kon nie die inwoners van die Vlakte verslaan en hulle stede verower nie, want hulle het yster strydwaens gehad. Hulle stede was Gasa, Askelon en Ekron, elkeen met sy grondgebied.

Verowering van Bet-ElRigt. 22-26. Die Josefstam het na Bet-El opgeruk en die Here was by hulle. Hulle het verkenners na Bet-El gestuur. Bet-El was vroeër bekend as Lus. Die verkenners het 'n man uit die stad sien kom en vir hom gevra: "Wys ons hoe om in die stad te kom, ons sal jou goed behandel."

Hy het vir hulle gewys hoe om in die stad te kom. Die Josefstam het toe die stad verower en sy mense doodgemaak maar hierdie man en sy hele familie gespaar. Hy is toe na die Hetiete toe en daar het hy vir hom 'n stad gebou en dit Lus genoem. Dit is nou nog die stad se naam.

Stede wat nie verower is nieRigt. 1:27-36. Daar was heelwat stede wat nie verower het was nie, en dit het vir Israel groot probleme gegee in die toekoms.

God se oordeel oor ongehoorsaamheidRigt. 2:1-5. Die Engel van die Here het van Gilgal af na Bokim toe gegaan. Hy het gesê: "Ek het julle uit Egipte laat trek en julle gebring in die land wat Ek met 'n eed aan julle voorvaders belowe het. Ek het vir hulle gesê: 'Ek sal my verbond met julle nooit verbreek nie, maar julle mag nie 'n verdrag sluit met die inwoners van hierdie land nie. Julle moet hulle altare afbreek." Maar julle moet het My nie gehoorsaam nie. Waarom het julle dit gedoen? Daarom sê ek vir julle ek sal nie hierdie nasies van julle af wegdryf nie. Hulle sal vir julle 'n strik word en hulle gode sal vir julle 'n valstrik word."Toe die Engel van die Here dit alles vir die Israeliete gesê het, het die hele volk hard gehuil. Daarom het hulle die plek Bokim genoem. Hulle het daar 'n offer aan die Here gebring. Israel onder die RigtersRigt. 2:6-16:31. Rigt. 2:6-3:6.

Nadat Josua die volk laat gaan het, het hulle die land gaan verower en daarna het elkeen na sy grond toe gegaan. Solank as Josua geleef het, het die volk die Here gedien. Dit was ook nog so terwyl die leiers geleef het wat vir Josua oorleef het. Hulle het nog al die groot dade beleef wat die Here gedoen het om Israel te help.

Josua, seun van Nun en dienaar van die Here, het 110 jaar oud geword. Hy het gesterf en hy is begrawe op sy grond in Timnat-Geres op die Efraimsberge noord van Gaäsberg. Al die mense van sy leeftyd het gesterf en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van Sy groot dade wat hy gedoen het om vir Israel te help nie.

Verse 11-23 sit die patroon van gebeure uiteen wat begin het nadat die geslag wat die land verower het, uitgesterf het. As gevolg van ongehoorsaamheid word die omringende volke nie uitgedryf nie. Hulle bly om Israel se krag te toets en hom 'n vegtende volk te hou.

Baäls en die astartesRigt. 2:13.: plaaslike manlike en vroulike vrugbaarheidsgode.

Leiers van die filistyne:Rigt. 3:3. heersers van die stadstate van Asdod, Askelon, Ekron en Gad.Kyk die verhaal van Simson, hoofstukke 13-16 en 1 Sam. 17:1-54. Juda het sy drie stede nie lank behou nie.

Otniël Omdat die Israeliete gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here kwaad geword vir die iIsraeliete. Hy het hulle oorgegee aan die mag van koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië en hulle was 8 jaar sy onderdane.

Toe het die Israeliete tot die Here geroep en hy het vir hulle 'n redder na vore laat kom wat hulle gered het. Hy was Otniël seun van Kenas 'n jonger broer van Kaleb. Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer. Otniël het oorlog gemaak teen die koning en die Here het hom oorgegee in die mag van Otniël. Hy het hulle verslaan. Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land en toe is Otniël dood.

EhudRigt. 3:12-30.

Die Israeliete het weer verkeerd gedoen in die oë van die Here en hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle laat kry. Eglon van Moab was aan die hoof van 'n oosterse verbond wat die Ammoniete en die Amelekiete ingesluit het. Hulle het nie net die gebied oos van die Jordaan verower nie, maar ook die rivier oorgesteek om 'n buitepos by Jerigo op te stel. Soos Ehud was die meeste van die Benjaminiete linkshandig. Die linkse slingergooiers was bekend.Kyk Rigt. 20:16; 1 Kron. 12:2. Toe Ehud na sy swaard gryp het die beweging geen agterdog gewek nie. Ehud het koning Eglon in die mag gesteek. Die hef het saam met die lem in sy maag ingegaan en die vet het oor die swaard gepeul sodat Ehud dit nie kon uittrek nie. Hy het toe deur 'n geheime uitgang en deur die voorportaal uitgegaan, nadat hy die deur van die bovertrek toegetrek en gesluit het. Nadat hy uit is, het Eglon se amptenare gekom en toe hulle sien dat die deur van die bovertrek gegrendel was, het hulle gedink die koning is seker besig om hom te ontlas daar nie koel vertrek. Hulle het tot vervelens toe gewag maar die koning het nie die deur van die bovertrek oopgemaak nie. Toe hulle die sleutel gevat en oopsluit het, lê hulle koning daar dood op die vloer en omdat hulle so lank gewag het kon Ehud ontsnap. Hy het by die beelde verbygegaan en na die berge toe gevlug. Toe hy daar kom het hy die ramshoring op die Efraimsberge laat blaas. Die Israeliete het van daar af na hom toe gekom. Hy het hulle leier geword en vir hulle gesê:"Kom saam met my want die Here gee julle vyande die Moabiete in julle mag oor." Hulle is toe saam met hom en hulle het die Jordaanriwwe na Moab beset en niemand daar laat deurgaan nie. By daardie geleentheid het hulle die Moabiete verslaan: omtrent 10 000 man, almal sterk en goeie soldate. Niemand het ontsnap nie.

Moab is op daardie dag deur Israel onderwerp, en daar was 80 jaar lank vrede in die land.

SamgarRigt. 3:31. Na Ehud het Samgar, seun van Anat, opgetree. Hy het 600 Filistyne doodgeslaan met 'n stok en so Israel gered.

Debora en BalakRigt. 4-5. Debora is die regter, Barak die militêre leier. Die lied van Debora - een van die oudste geskrifte in die Ou-testament - gee die sleutel tot die oorwinning. 'n Wolkbreuk het die spruit Kison in 'n siedende watermassa verander.Rigt. 5:21. Baie van die strydwaens is weggespoel. Die res het in die modder vasgeval.

HasorRigt. 4:2.: Josua het 'n vroeëre Jabin verslaan, en die stad verwoes. Die laerliggende gedeelte is nooit herbou nie, maar die heuwel is deur die Kanaäniete verstewig en later ook deur Salamo.

GideonRigt. 6-8:28.