duimnael|regs|Suchinda Kraprayoon in die 1970's. Suchinda Kraprayoon (Thai: สุจินดา คราประยูร; 6 Augustus 1933 – 10 Junie 2025) was 'n Thaise afgetrede weermaggeneraal en politikus. As die opperbevelvoerder van die Koninklike Thaise Leër (1990–1992) het hy die 1991 Thai staatsgreep in Februarie gelei en was 'n lid van die junta genaamd "Nasionale Vredesbewaringsraad". 'n Jaar na die staatsgreep, op 7 April 1992, is hy as Eerste Minister van Thailand aangestel. Dit het massabetogings ontketen wat tydens Swart Mei gewelddadig onderdruk is wat uiteindelik tot sy bedanking op 24 Mei 1992 gelei het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Eerste Ministers van Thailand Kategorie:Thaise militariste Kategorie:Generaals Kategorie:Diktators Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Thaise politici