Andronikos II Palaiologos of Paleologus (Grieks: Ἀνδρόνικος Β′ Παλαιολόγος; 25 Maart 1259 - 13 Februarie 1332) was van 1282 tot 1328 keiser van die Bisantynse Ryk.

Hy is gebore as Andronikos Doukas Angelos Komnenos Palaiologos en was die oudste oorlewende seun van Michael VIII, die stigter van die Palaiologos-dinastie wat tot met die val van Konstantinopel in 1453 oor die Bisantynse Ryk regeer het.

Bewind Andronikos II het keiser geword ná sy pa se dood in 1261. Tydens sy bewind het die Bisantynse Ryk begin agteruitgaan. Die Turke het die grootste deel van Wes-Anatolië verower en Andronikos het ook ekonomiese probleme gehad. Tydens sy bewind het die waarde van die Bisantynse hyperpyron skerp gedaal en die staatskas het minder as ’n sewende van die bedrag van voorheen ingesamel. Hy het die belasting verhoog, belastingvrystellings teruggetrek en die vloot se skepe verminder. Die ryk was dus al hoe afhankliker van die mededingende republieke van Venesië en Genua.

Die Turke het Klein-Asië al hoe dieper binnegedring en teen die einde van Andronikos II se bewind was ’n groot deel van Bithinië in die hande van die Turke van Osman I en sy seun en opvolger, Orhan."Andronicus II." . Encyclopædia Britannica. 2 (9de uitg.). 1878. p. 23. Ook ander dele van die ryk is verower, onder meer deur Bulgarye.

Die losbandige gedrag van Andronikos III Palaiologos, die seun van Michael IX, Andronikos se oudste seun en medekeiser, het tot ’n skeuring in die familie gelei en ná Michael se dood in 1320 het Andronikos II sy kleinseun onterf. Dit het ’n burgeroorlog tot gevolg gehad wat met tussenposes tot in 1328 geduur het. In dié jaar het Andronikos III Konstantinopel oorgeneem en Andronikos II moes noodgedwonge abdikeer.Chisholm, Hugh, red. (1911). "Andronicus II" . Encyclopædia Britannica. 1 (11de uitg.). Cambridge University Press. p. 976. Hy is in 1332 as ’n monnik in Konstantinopel dood.

Verwysings

Bykomende bronne

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 1259 Kategorie:Sterftes in 1332