Konstantyn Laskaris (Grieks: Κωνσταντίνος Λάσκαρης) was moontlik vir ’n paar maande van 1204 tot vroeg 1205 keiser van die Bisantynse Ryk, tydens die tweede en finale beleg van Konstantinopel deur die deelnemers aan die Vierde Kruistog.

Lewe Alexios V Doukas het in Februarie 1204 deur ’n staatsgreep aan die bewind gekom en sy voorgangers, Isak II Angelos en Alexios IV Angelos, in die proses doodgemaak. Hy het hard probeer om Konstantinopel teen die Kruisvaarders te verdedig, maar op die ou einde het hulle besluit om die stad finaal aan te val.*Hendrickx, B. en Matzukis, C. (1979) "Alexios V Doukas Mourtzouphlos: His Life, Reign and Death (?-1204)", in Hellenika (Έλληνικά) 31, pp. 111–117

Die Kruisvaarders het deur die stad se mure gebreek. Alexios V het die inwoners se steun probeer wen teen die Kruisvaarders, maar kon nie. Hy het in die nag van 12 April 1204 gevlug, en Konstantyn Laskaris is in die Hagia Sophia tot keiser verklaar. Hy kon egter ook nie die inwoners oorreed om te bly veg nie en het self vroeg die oggend van 13 April gevlug. Konstantinopel was nou onder beheer van die Kruisvaarders.Choniates, N.: Hulle het die Latynse Ryk gestig, wat Konstantinopel die volgende 57 jaar beheer het.

Loopbaan by Nicea Griekse weerstand teen die Latynse veroweraars het feitlik onmiddellik begin onder die leierskap van Theodorus Laskaris, en Konstantyn het gou by sy broer aangesluit. Theodorus het hom saam met ’n groot afdeling soldate na Konstantinopel gestuur,Geoffrey De Villehardouin, 'Memoirs Or Chronicle of the Fourth Crusade and the Conquest of Constantinople', Echo Library, 2007, pg 63 maar die Kruisvaarders het van die plan gehoor en was dus voorbereid. Die twee leërs het op Saterdag 19 Maart 1205 by Adramyttion buite die stadsmure geveg en Konstantyn is verslaan; die grootste deel van sy leër is óf doodgemaak óf gevange geneem.Magoulias, Harry J. 'O city of Byzantium: annals of Niketas Choniatēs', Wayne State University Press, 1984

Niks is hierna oor Konstantyn bekend nie, en daar word aangeneem hy is ook gedood of gevang.

Historiese onsekerheid Die hoofbron van Konstantyn Laskaris se opkoms is Nicetas Choniates, ’n ooggetuie van die val van Konstantinopel. Konstantyn se ondergeskikte rol onder sy broer Theodorus in 1205 laat historici soos sir Steven RuncimanSteven Runciman, 'A History of the Crusades, Vol. 3: The Kingdom of Acre and the Later Crusades', Cambridge, 1954, pg 122 en Donald QuellerDonald E Queller, 'The Fourth Crusade: The Conquest of Constantinople 1201–1204', University Park, 1977, pg 147; 216–217 glo dit was eintlik Theodorus wat daardie dag in die Hagia Sophia was en nie Konstantyn nie en dat Theodorus dus aangewys is om Alexios V op te volg.Donald Nicol, 'The Last Centuries of Byzantium: 1261–1453', Cambridge University Press, 1993, pg 369

Hierdie onsekerheid, asook die feit dat Konstantyn nooit gekroon is nie, bring mee dat hy nie altyd as ’n Bisantynse keiser beskou word nie. Hy kry dus gewoonlik nie ’n syfer agter sy naam nie. Soms word hy egter wel Konstantyn XI genoem, en dan word Konstantyn XI Palaiologos, die laaste keiser, as Konstantyn XII gereken.Britannica

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Niceense keisers Kategorie:Sterftes in 1205