Die Vrystaatstadion (tans bekend as die Toyotastadion en vroeër bekend as Vodacompark weens borgskapredes) is ’n sportstadion in Bloemfontein wat vir rugby en sokker gebruik word. Dit bied sitplek aan 48 000 toeskouers. Dié stadion is in 2009 opgradeer met die oog op die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 en die Afrikanasiesbeker 1996 is hier ook wedstryde aangebied.

duimnael|links|Buiteaansig van die Vrystaatstadion duimnael|links|'n Pawiljoen van die Vrystaatstadion Die Vrystaatstadion is/was die tuisveld van die volgende spanne: Cheetahs Superrugbyspan (histories, 2006-2015) Cheetahs Pro14-rugbyspan (histories, 2017–2020) Cheetahs (Verenigde Rugbykampioenskap) (? 2021–) Vrystaat Cheetahs Bloemfontein Celtic

’n Nuwe hoofpawiljoen is aan die westekant van die stadion teen nagenoeg R40,8 miljoen gebou. In 1985 het omvangryke verbeteringe aan die pawiljoen sowat R3,84 miljoen beloop. Die spreiligte is tot 1 500 lux (ligeenheid) verbeter en die stadion is ook toegerus met ’n noodkragopwekker.

Wedstryde Rugbywêreldbeker 1995

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers27 Mei 199510–57Groep C12 00031 Mei 199550–28Groep C15 0004 Junie 199517–145Groep C17 000

Afrikanasiesbeker 1996

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers14 Januarie 19960–0Groep B9 00015 Januarie 19962–1Groep B1 50018 Januarie 19962–0Groep B1 50020 Januarie 19965–1Groep B2 00024 Januarie 19964–0Groep B20025 Januarie 19962–0Groep D3 50027 Januarie 19963–1Kwarteindrondte8 500

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers15 Junie 200916:004–3Groep B27 85117 Junie 200916:001–0Groep A30 51220 Junie 200920:302–0Groep A38 21224 Junie 200920:300–2Halfeindrondte35 369

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers14 Junie 201016:001–0Groep E30 62017 Junie 201016:002–1Groep B31 59320 Junie 201013:300–2Groep F26 64322 Junie 201016:001–2Groep A39 41525 Junie 201020:300–0Groep H28 04227 Junie 201016:004–1Agtste eindrondte40 510

Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Geboue en strukture in Bloemfontein Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika Kategorie:Sport in Bloemfontein