Jan Hendrik Ellis (5 Januarie 1942 - 8 Februarie 2013) was 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die flankposisie gespeel het. Hy het 38 keer vir die Springbokke gespeel, wat in daardie tyd 'n rekord was.

Biografie Ellis het op 31 Julie 1965 in sy eerste toets vir die Springbokke teen Nieu-Seeland gespeel en hy het sy laaste toets teen dieselfde span op 24 Julie 1976 gespeel.

Ellis het ook in die Presidents XV op 31 Maart 1973 teen Skotland gespeel.

Hy is op 8 Februarie 2013 by 'n hospies in Pretoria aan kanker oorlede.

Hoogtepunte 38 keer gekies vir die Suid-Afrikaanse span 7 toetse, 21 punte Kere gekies per jaar: 4 in 1965, 4 in 1967, 6 in 1968 , 5 in 1969, 6 in 1970, 4 in 1971, 1 in 1972, 6 in 1974, 1 in 1976

Eksterne skakels Ellis se telkaart

Foto van Ellis

Kategorie:Geboortes in 1942 Ellis, Jan Kategorie:Sterftes in 2013 Ellis, Jan