The European Skeptics Podcast (TheESP) is 'n weeklikse potgooi wat aangebied word deur twee skeptici wat verskillende Europese skeptiese organisasies in Europa verteenwoordig: András Gábor Pintér uit Hongarye en Pontus Böckman uit Swede. Jelena Levin uit Letland was ook 'n aanbieder tot en met Julie 2020. In Julie 2020 het Annika Harrison, uit Duitsland, by die podsending aangesluit as mede-aanbieder. Die hoofdoel van die potgooi is om "optrede op Europese vlak binne die skeptiese beweging te ondersteun."
Die idee van die potgooi het ontstaan tydens die vergadering van 'n direksie van die Europese Raad van Skeptiese Organisasies (ERSO) tydens die 16de Europese Skeptiese kongres in Londen in September 2015. In September 2017 is twee van die aanbieders (András Pintér en Pontus Böckman) vir die raad van direkteure van ERSO gekies.
Die potgooi was onder andere op Skeptoid, "Token Skeptic"-potgooi en CSI (die Komitee vir Skeptiese Ondersoek) se webblad.
Dit is bekroon met die Ockham-toekennings 2017 in die potgooi-kategorie deur die tydskrif The Skeptic tydens die QED-konferensie in Manchester, VK.
Segmente Die potgooi word in verskillende herhalende segmente verdeel, bv.: "hierdie week in skeptisisme", "skeptiese nuus" (nuusberigte oor skeptisisme, hoofsaaklik Europese gesentreerd), "Regtig verkeerd", "Regtig reg", "Aanhaling" en 'n onderhoud met 'n persoon "wat 'n organisasie of 'n projek van 'n sekere Europese land of wat oor grense heen strek verteenwoording".
Onderwerpe gedek Tot in 2020 het hulle al meer as 200 episodes uitgesaai. Onderwerpe wat deur die potgooi gedek word, sluit in: "Prins Charles, homeopatie en uie in u ore" "Vroue in die wetenskap, maselsepidemie, plat aarde en Susan Gerbic se avonture" "Groot gedagtes, Miracle Mineral Supplement, byeterapie en ander Kwaksalwery" "Kokosolie, openbare gesondheid en die Pous"
Sien ook Skepties Suid-Afrika Pseudowetenskap
Verwysings
Kategorie:Internet