Alles Malan is 'n familiedramatelevisiereeks wat in die Paarl buite Kaapstad afspeel. Die reeks het Dinsdag 9 Julie 2019 op KykNET (DStv kanaal 144) begin. Die tweede seisoen van die reeks begin Dinsdag 30 November 2021 op KykNET
Aan die hoof van die familie staan Derik en Brenda Malan. Hulle eersgeborene, Frik, keer na agt jaar in Engeland terug om die familiebesigheid, Malan Vervoer, by sy pa oor te neem. Sy vrou, Tessa, en twee tienerkinders keer saam met hom terug, maar het elkeen 'n stryd van hul eie.
Alles Malan word Dinsdaeaande om 20h00 op KykNET uitgesaai en is ook beskikbaar op Showmax.
Reekse
Rolverdeling
Albert Maritz as Derik Elsabé Daneel as Brenda Ivan Zimmermann as Frik Nadia Valvekens as Tessa Greteli Fincham as Elani Mateo Olivier as Freek Sean-Marco Vorster as Nico Nicole Fortuin as Lee-Anne Brent Vermeulen as Johan Helene Truter as Mevrou Goosen Ivan Botha as Wim (seisoen 2)
Episodes
Reeks 1 (2019)
Reeks 2 (2021)
Kategorie:Afrikaanse televisieprogramme Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiereekse