Microsoft Windows is die naam van 'n reeks bedryfstelsels wat deur Microsoft ontwikkel en versprei word. Microsoft het die eerste weergawe van Windows in November 1985 vrygestel as 'n toevoeging tot MS-DOS om aan die groeiende belangstelling in grafiese gebruikerskoppelvlakke te voldoen.

Mettertyd het Microsoft Windows die persoonlike rekenaarmark begin domineer en bedryfstelsels soos OS/2 en Mac OS uit die kussings gelig. Teen 2004 het Microsoft Windows ongeveer 90% van die wêreld se persoonlike rekenaars bedryf.

Weergawes Windows 95 Windows 98 Windows 2000 Windows ME Windows XP Windows Vista Windows 7 Windows 8 Windows 8.1 Windows 10 Windows 11

Verwysings

Eksterne skakel

Amptelike webwerf Amptelike blog

Kategorie:Bedryfstelsels Kategorie:Microsoft