Bonnybridge (Skots-Gaelies: Drochaid a'Bhuinne; Skots: Bonniebrig) is 'n klein nedersetting in die Falkirk-raadsgebied, Skotland, sowat 6,4 km wes van Falkirk, 8,5 km noordoos van Cumbernauld en 13,4 km suid-suidwes van Stirling geleë, met 'n bevolking wat volgens die Sensus van 2001 as 6 870 bepaal is.
Die Forth and Clyde-kanaal is noord van die dorp geleë, terwyl 'n goedbewaarde seksie van die Romeinse Muur van Antoninus saam met die Rough Castle Fort, die besbewaarde van die versterkings wat langs die muur opgerig is, suidoos van Bonnybridge besigtig mag word. Meer onlangs is aan Bonnybridge die bynaam UFO Capital of the World verleen - met sowat 300 beweerde voorvalle waartydens vreemde vlieënde voorwerpe waargeneem is.
Verwysings
Literatuur Ron Halliday: UFO Scotland: The Secret History of Scotland's UFO Phenomenon. Edinburgh: Black & White Publishing 1998
Eksterne skakels Toerisme
Visit Scotland: Bonnybridge Undiscovered Scotland: Bonnybridge VVV
Scottish Field: Close Encounters of the Scottish Kind ScotClans: Bonnybridge UFO Sightings Time Magazine - 6 UFO Hot Spots Around the World: Bonnybridge, Scotland The Travelers Way: Bonnybridge Scotland UFO Hotspot vice.com: Watching for Aliens in the UFO Capital of Scotland Spiegel Online: Ufo-Städte Roswell und Bonnybridge - Wer kann Aliens besser?
Kategorie:Nedersettings in Skotland