duimnael|K-150 Tomsk in Vilyuchinsk Die Oscar-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Russiese Vloot wat kruisermissiele kan dra. Hulle was massiewe duikbote van oor die 14 000 ton en kan tot 304 m diep duik. Die bekendste duikboot in die klas is die Koersk wat op 12 Augustus 2000 gesink het na 'n ontploffing aan boord waarin 118 persone sterf. Die klas is ontwikkel om NAVO se groepe aan te val in oorlogstye en was die middelpunt van die Sowjetunie se planne vir ongeveer 25 jaar.
Hulle is toegerus met sterk en stabiele lug-tot-lug missiele; daar is 24 missiele aan boord in twee rye van twaalf elk. Die twee rye lê met 'n hoek van 40 grade van mekaar buite die 8,53 m drukromp. Die uitleg het tot gevolg dat daar 'n spasie van 3,5 m tussen die buite- en binnerompe is wat dié duikboot se breedte vergroot na 'n ongehoorde 18,19 m. Die positiewe gevolg van die ontwerp is dat die duikboot matige oorlogskade kan weerstaan.
Daar is ook ander ontwerpnuutjies vir die duikboot, die toring is gerond bo sodat dit maklik deur die ys kan breek met die twee periskope, radiosekstant en radarmaste wat kan terugtrek in die toring in. Dit beskik ook oor 'n drywende antennaboei wat gebruik word terwyl die duikboot diep onder die water is, sodoende kon radiokommunikasie, teikeninligting en satellietkommunikasie gehandhaaf word. Die duikboot het langer as normaalweg geneem om te duik, en was moeilik om te stuur op die oppervlak, maar kon tot 30 knope bereik.
Dit is bewapen met 24 SS-N-19 Granat (NAVO kodenaam Shipwreck) missiele wat 'n reikafstand van 550 km gehad het en kon 'n kernplofkop van 1 000 kg dra. Onder die START ooreenkoms was die kernplofkoppe met plofstof vervang. Die missielbuise het in pare gewerk met een luik wat twee missiele bedek het. Die torpedobuise kan beide torpedo's en kortstrek teen-skipmissiele vuur. Dit kon dus 24 verskillende wapens dra insluitende die Tipe 40 torpedo.
Dit was 'n Tipe 65 toetstorpedo (650 mm) aangedryf deur waterstofperoksied wat die oorsaak was van die ongeluk aanboord die Koersk. Die ontploffing is skynbaar veroorsaak deur hoogsvlambare peroksied wat in aanraking met paraffien en metaal gekom het.
Eenhede gebou in die klas # Naam Projek Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel Vloot Status K-525 Arkhangelsk (ex-Minskiy Komsomolets) 949 25 Julie 1975 3 Mei 1980 30 Desember 1980 Noordelike Vloot Uit diens gestel in 1996, opgebreek in 2004 K-206 Murmansk 949 22 April 1979 10 Desember 1982 30 November 1983 Noordelike Vloot Uit diens gestel in 1996, opgebreek in 2004 K-148 Krasnodar 949A 22 Julie 1982 3 Maart 1985 30 September 1986 Noordelike Vloot Uit diens gestel, begin opbreek in laat 2012 K-173 Krasnoyarsk 949A 4 Augustus 1983 27 Maart 1986 31 Desember 1986 Stille Oseaan Vloot Onaktief, aan die brand geslaan tydens opbreekfase K-132 Irkutsk 949A 8 Mei 1985 27 Desember 1987 30 Desember 1988 Stille Oseaan Vloot Word tans opgradeer na 'n tipe 949AM te Zvezda skeepswerf K-119 Voronezh 949A 25 Februarie 1986 16 Desember 1988 29 Desember 1989 Noordelike Vloot Aktief na opgradering voltooi in November 2011 K-410 Smolensk 949A 9 Desember 1986 20 Januarie 1990 22 Desember 1990 Noordelike Vloot Aktief na opgradering voltooi in Desember 2013 K-442 Chelyabinsk 949A 21 Mei 1987 18 Junie 1990 28 Desember 1990 Stille Oseaan Vloot Word tans opgradeer na tipe 949AM te Zvezda skeepswerf. K-456 Tver (ex-Vilyuchinsk) 949A 9 Februarie 1988 28 Junie 1991 18 Augustus 1992 Stille Oseaan-vloot Aktief K-266 Orel (ex-Severodvinsk) 949A 19 Januarie 1989 22 Mei 1992 30 Desember 1992 Noordelike Vloot Aktief na opgradering voltooi is in April 2017 K-186 Omsk 949A 13 Julie 1989 10 Mei 1993 15 Desember 1993 Stille Oseean-vloot Aktief na opgradering voltooi is in 2008 K-150 Tomsk 949A 27 Augustus 1991 20 Julie 1996 30 Desember 1996 Stille Oseaan Vloot Aktief na opgradering voltooi is in 2014 K-141 Koersk 949A 22 Maart 1992 16 Mei 1994 30 Desember 1994 Noordelike Vloot Koersk verloor op 12 Augustus 2000 na ontploffing K-329 Belgorod 09852 24 Julie 1992 23 April 2019 2020 Nadat dit kon dryf, omgeskakel vir spesiale operasies. K-135 Volgograd 949A 2 September 1993 Onvoltooid, onderdele gebruik vir konstruksie van nuwer duikboteЛодки с крылатыми ракетами defendingrussia.ru Konstruksie mag voltooi word K-165 Barnaul 949A April 1994 Onvoltooid, onderdele gebruik vir konstruksie van nuwer duikbote Konstruksie mag voltooi word
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Oscar-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 13 680 metrieke ton Verplasing (onderwater) 18 010 metrieke ton Lengte 153.9 m Breedte 18.19 m Aandrywing 2 x vM-5 190mW druk-water kernreaktors2 x stoomturbines van 67 113 kW Spoed (oppervlak) 15,0 knope Spoed (onderwater) 28,0 knope Bemanning 107 persone Wapens 6 x torpedobuise vir Tipe 45 torpedo's24 lanseerbuise vir P-700 Granit kruismissielerusnavy.com URL besoek op 24 Augustus 2019
Galery
Verwysings
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
Kategorie:Duikbote