Jeremy Mansfield (15 Augustus 1963 - 31 Oktober 2022) was 'n Suid-Afrikaanse radio-omroeper en televisiepersoonlikheid. Hy was al by verskeie radiostasies werksaam as aanbieder en oorstemkunstenaar en het al etlike televisieprogramme aangebied. Hy het aan terminale lewerkanker gely en is voor sy afsterwe in 'n versorgingsoord opgeneem.

Omstredenheid Mansfield het in 2019 vir omstredenheid gesorg toe hy op die lug die gek met die Oos-Rand geskeer het en na die dorp Springs verwys het as 'n "dorp van gesplete verhemeltes" as gevolg van "generasies van inteling".

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieaanbieders Kategorie:Suid-Afrikaanse radioaanbieders