Hilary Hahn (* 27 November 1979 –) is 'n Amerikaanse violis. Sy het dwarsoor die wêreld as beide solis saam met leidende orkeste asook as 'n solo-uitvoerder opgetree. Sy het ook 'n reputasie as 'n voorstander van kontemporêre musiek opgebou. Verskeie komponiste het al vir haar werke geskryf, insluitende die concerti deur Edgar Meyer en Jennifer Higdon, partitas deur Antón García Abril, en 'n viool- en klaviersonate deur Lera Auerbach.
Jeug en opvoeding Hahn is op 27 November 1979 in Lexington, Virginië gebore. Sy het in Baltimore, Maryland grootgeword.https://www.baltimoresun.com/news/bs-xpm-1991-12-15-1991349004-story.html Haar vader, Steven Hahn, was 'n joernalis en bibliotekaris. Haar oumagrootjie aan vaderskant was afkomstig van Bad Dürkheim in Duitsland.https://www.spiegel.de/spiegel/print/d-21304585.html Haar moeder Anne was 'n rekeningkundige.
Hahn het een maand voor haar vierde verjaardag begin viool speel. Sy het by die Peabody Instituut van Baltimore opleiding in die Suzuki metode ontvang. Sy het vir 'n jaar aan 'n Suzuki-klas deelgeneem. Sy het van 1985 tot 1990 onder Klara Berkovich in Baltimore gestudeer.
Hahn het in 1990 op die ouderdom van tien jaar by die Curtis Instituut van Musiek in Philadelphia ingeskryf waar sy 'n student van Jascha Brodsky was. Sy het vir sewe jaar saam met Brodsky studeer waartydens sy die études van Rodolphe Kreutzer, Otakar Ševčík, Pierre Gaviniès, en Rode, asook die Paganini Caprices geleer het. Sy het ook begin om agt-en-twintig vioolconcertos, kamermusiekwerke en 'n veelheid van skoustukke aan te leer.
Hahn het teen die ouderdom van sestien jaar die Curtis Instituut se universiteitsvereistes voltooi, maar vir verskeie jare daarna aangebly om keusevakke te neem en te voltooi. Sy het in Mei 1999 'n Baccalaureus Artium-graad in Musiek ontvang. Sy het gedurende hierdie tyd die viool saam met Jaime Laredo, en kamermusiek saam met Felix Galimir en Gary Graffman, studeer.
Sy het ook vier semesters by Middlebury College aan taalprogramme in Duits, Frans en Japannees spandeer.https://imgartists.com/roster/hilary-hahn/
Musiekloopbaan Hahn het op die ouderdom van elf jaar haar orkestrale buiging met die Baltimore Simfonieorkes gemaak. Kort daarna het sy haar buiging met die Philadelphia Orkes, Cleveland Orkes, Pittsburgh Simfonieorkes, en die New York Filharmoniese Orkes gemaak. Sy maak in 1994 haar internasionale buiging met die speel van die Bernstein Serenade in Hongarye met Ivan Fischer en die Boedapest Feesorkes. Haar Duitse buiging was in 1995 met 'n uitvoering van die Beethoven Vioolconcerto met Lorin Maazel en die Beierse Radio Simfonieorkes. Die konsert was in Europa uitgesaai.
Sy het 'n jaar later op die ouderdom van sestien haar buiging by Carnegie Hall in New York Stad as solis saam met die Philadelphia Orkes gemaak.https://www.nytimes.com/1996/11/28/arts/philadelphians-after-strike-offer-a-violinist-s-debut.html Tydens 'n 1999 onderhoud met Strings Magazine het sy vir o.a. David Zinman, die dirigent van die Baltimore Simfonieorkes en Hahn se mentor sedert sy tien jaar oud was, aangehaal as persone wat in haar opinie invloedryk was in haar ontwikkeling as musikant en student, asook Lorin Maazel, saam met wie sy in Europa opgetree het. (Beierse Radio-simfonieorkes).
Hahn het in 1996 begin opnames maak. Sy het tot op datum 16 CDs op die Deutsche Grammophon en Sony plate-etikette vrygestel, sowel as drie DVDs, 'n Oscar-genomineerde rolprentklankbaan, 'n bekroonde opname vir kinders, en verskeie samestellings. Haar opnames vermeng dikwels nuwer en tradisionele stukke. Haar plate sluit parings van Beethoven met Bernstein, Schoenberg met Sibelius, Brahms met Strawinski, en Tsjaikofski saam met Jennifer Higdon, in.
Sy het met verskeie orkeste soos die Londen Simfonieorkes, New York Filharmoniese Orkes, Boston Simfonieorkes, Koninklike Concertgebouw Orkes, NHK Simfonieorkes, Los Angeles Filharmoniese Orkes en Singapoer Simfonieorkes, gespeel. In 2007 het sy haar buiging saam met die Chicago Simfonieorkes gemaak en in die Vatikaanstad gespeel saam met die Stuttgart Radio-simfonieorkes onder leiding van Gustavo Dudamel. Die konsert was opgeneem en deur Deutsche Grammophon vrygestel.
Sy het ook opgetree as 'n kamermusikant. Sy het sedert 1992 byna elke jaar in die Skaneateles Kamermusiekfees in Skaneateles, New York, opgetree. Sy het van 1995 tot 2000 opgetree en kamermusiek gestudeer by die Marlboro Musiekfees in Vermont, en in 1996 was sy 'n kunstenaar en lid van die kamermusiek mentorprogram van die Kamermusiekgenootskap van Lincoln Sentrum. In 2004 het sy in Sint Petersburg, Rusland met die Poulenc Trio getoer.
In 2012 het Hahn in samewerking met die Duitse pianis en komponis Hauschka 'n plaat getiteld Silfra vrygestel. Die liedjies daarop was geheel en al geïmproviseer. Silfra was deur Valgeir Sigurðsson geproduseer. Volgens Hahn skuif ander musikante gereeld tussen genres rond en maak dit mens vry om op 'n ander wyse te dink as die wyse waarop jy opgelei is om te dink."
In Junie 2014 was die van die Dresden Musiekfees aan haar toegeken.
Instrument
Hahn maak gebruik van 'n reproduksie van Paganini se Cannone viool wat deur Vuillaume in 1864 gemaak is. Tydens 'n onderhoud op Deense televisie het Hahn gesê dat sy byna nooit haar instrument buite haar sig laat nie. Sy gebruik strykstokke wat deur die Amerikaner Isaac Salchow en die Fransmanne Émile Ouchard, Paul Jombar, en Emil Miquel gemaak word.
Platelys Hilary Hahn Plays Bach (1997) met Bach se Partita No. 3 in E majeur, BWV 1006, Partita No. 2 in D mineur, BWV 1004 en Sonate No. 3 in C majeur, BWV 1005 Beethoven Vioolconcerto / Bernstein Serenade (1999). Baltimore Simfonieorkes; David Zinman, dirigent Grammy Nominee – Beste Instrumentale Solis Uitvoering met orkes Barber & Meyer Vioolconcertos (2000). Saint Paul Kamerorkes; Hugh Wolff, dirigent Brahms & Strawinski Vioolconcertos (2001). Academy of St Martin in the Fields; Neville Marriner, dirigent Grammy vir Beste Instrumentale Solis Uitvoering (met orkes) Mendelssohn & Sjostakowitsj Concertos (2002). Oslo Filharmoniese Orkes; Marek Janowski en Hugh Wolff, dirigente Bach Concertos (2003). Hilary Hahn, viool; Margaret Batjer, viool; Allan Vogel, hobo. Los Angeles Kamerorkes; Jeffrey Kahane, dirigent The Village (rolprent) klankbaan (2004); Hilary Hahn, viool; musiek gekomponeer deur James Newton Howard Elgar: Vioolconcerto; Vaughan Williams: The Lark Ascending (2004). London Simfonieorkes; Colin Davis, dirigent Mozart: Vioolsonates K. 301, K. 304, K. 376 & K. 526 (2005). Natalie Zhu, klavierbegeleidster "To Russia My Homeland" van die plaat Worlds Apart (2005) Paganini: Vioolconcerto No. 1 / Spohr: Vioolconcerto No. 8 – Gesangsszene (2006). Sweedse Radio-simfonieorkes; Eiji Oue, dirigent "Witch's Web" van die plaat So Divided (2006) Der Kleine Hörsaal – Die Geige mit Hilary Hahn (2007); Hilary Hahn, narrator[ Der Kleine Hörsaal – Die Geige mit Hilary Hahn], AllMusic "Fork in the Road" en "Blue Part of the Windshield" van die plaat Grand Forks deur Tom Brosseau (2007) Schoenberg: Vioolconcerto; Sibelius: Vioolconcerto (2008). Sweedse Radio-simfonieorkes; Esa-Pekka Salonen, dirigent Gedebuteer op #1 (die eerste Schoenberg opname om op #1 te debuteer). Grammy vir Beste Instrumentale Solis Uitvoering (met orkes)Hilary Hahn Photo , Daylife (8 Februarie 2009) Grammy Nominasie – Beste Klassieke Plaat Gelys as #6 deur Newsweek op die instansie se lys van die tien beste plate van die dekade."Best Albums" – #6 deur Seth Colter Walls, Newsweek "Bach: Violin & Voice" (2010). Hilary Hahn, viool; Christine Schäfer, sopraan; Matthias Goerne, bariton; München Kamerorkes Higdon & Tsjaikofski Vioolconcertos (2010). Koninklike Liverpool Filharmoniese Orkes; Vasily Petrenko, dirigent Charles Ives: Vier Sonates (2011). Valentina Lisitsa, klavierbegeleidster Preis der deutschen Schallplattenkritik Silfra (2012). Hauschka (aka Volker Bertelmann), klavier In 27 Pieces: The Hilary Hahn Encores (2013). Cory Smythe, klavierbegeleier Grammy vir Beste Klein Ensemble-uitvoering Mozart 5, Vieuxtemps 4 – Vioolconcertos (2015). Deutsche Kammerphilharmonie Bremen; Paavo Järvi, dirigent Hilary Hahn Plays Bach: Sonates 1 & 2, Partita 1 (2018) met Sonate vir Vioolsolo No. 1 in G mineur, BWV 1001, Partita vir Vioolsolo No. 1 in B mineur, BWV 1002, en Sonate vir Vioolsolo No. 2 in A mineur, BWV 1003.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste Classical Archives onderhoud BACH & friends dokumentêre program
Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse violiste