duimnael|'n Verspreider en 'n bottel essensiële olie
Aromaterapie (Engels: "Aromatherapy") is 'n skynwetenskap. Dit maak gebruik van aromatiese materiale, insluitend essensiële olies, en ander aromaverbindings, met aansprake op die verbetering van sielkundige of fisiese welstand. Dit word aangebied as 'n aanvullende terapie saam met standaardbehandelings of as 'n vorm van alternatiewe medisyne in plaas van konvensionele, bewysgebaseerde behandelings.
Aromaterapeute, mense wat spesialiseer in die praktyk van aromaterapie, gebruik mengels van essensiële olies wat veronderstelde terapeutiese waarde het en gebruik dit as 'n plaaslike toediening, in massering, vir inaseming of in 'n water opolossing. Daar is geen goeie mediese bewyse dat aromaterapie enige siekte kan voorkom, behandel of genees nie. Plasebo-beheerde proewe is moeilik om te ontwerp, aangesien die reuk van die produkte die punt van aromaterapie is. Daar is betwiste bewyse dat dit effektief kan wees in die bekamping van naarheid en braking na 'n operasie.
Teorie Aromaterapie is die behandeling of voorkoming van siektes deur die gebruik van essensiële olies. Ander vermelde gebruike sluit in pyn- en angsreduksie, die verbetering van energie en die korttermyngeheue, ontspanning, voorkoming van haarverlies en vermindering van die jeuk wat deur ekseem veroorsaak word. Twee basiese meganismes word aangebied om die beweerde effekte te verduidelik. Een daarvan is die invloed van reuk op die brein, veral die limbiese stelsel deur die reukstelsel. Die ander is die direkte farmakologiese effekte van essensiële olies. Aromaterapie is gekritiseer as skynwetenskaplike bedrog.
Verwysings
Kategorie:Skynwetenskappe Kategorie:Alternatiewe medikasie