Die twee spesies renostervoëls (genus Buphagus) word deur sommige dierkundiges tot die spreeus (genus Sturnidae) gereken, terwyl ander hulle in 'n afsonderlike familie, Buphagidae, klassifiseer. Hulle het krommer snawels as spreeus en geboë kloue wat baie skerp is.
duimnael|links|Twee geelbekrenostervoëls (Buphagus africanus) op 'n kwagga Renostervoëls word gewoonlik in die aanwesigheid van groot wildsbokke en beeste aangetref. Hulle leef hoofsaaklik van die bosluise wat hulle van die diere se vel pik. Die grysbruin voëls kom net in Afrika voor en word verteenwoordig deur die rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhyncus), wat 'n rooi snawel het, en die geelbekrenostervoëls (Buphagus africanus), wat 'n geel snawel met ’n rooi punt het.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Wêreldspektrum, 1982, , volume 26, bl. 124
Eksterne skakels
Kategorie:Sangvoëls Kategorie:Spreeus