Die Ewe (Ewe: Eʋeawó, letterlik: "Ewe-volk"; of Mono Kple Volta Tɔ́sisiwo Dome, letterlik: "Ewe-nasie", Eʋenyigba, "Ewe-land" Basic Ewe for foreign students , bl. 206.) is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Ewe as moedertaal praat. Hulle bly veral in die suide van die drie lande Ghana, Togo en Benin. In Ghana is hulle met sowat 13,9% die derde grootste etniese groep ná Akan (47,5%) en Mole-Dagbani (16,6%). In Togo is hulle met sowat 32% van die bevolking die grootste etniese groep. In Benin bevolk hulle veral die suidwestelike gebiede langs die Atlantiese Oseaan se kus.
duimnael|links|Vlag van die Ewe-volk duimnael|links|Verspreiding van die Gbe-tale met Ewe in geel Hul gelyknamige taal behoort tot die Niger-Kongo-tale se Gbe-taalfamilie. Hulle is verwant aan ander mense wat Gbe-tale soos Fon, Gen, Phla-Phera, en Aja in Benin, Togo en Nigerië praat.
Die Ewe bly veral langs die suidelike kusstreek van Wes-Afrika, suid en oos van die Voltarivier tot by die Monorivier op die grens tussen Togo en Benin. Hul tuiste, die Ewe-land, streek oor die Voltastreek in suidoostelike Ghana (voorheen Brits-Togoland), suidelike Togo (voorheen Frans-Togoland) en die suidwestelike dele van Benin. Na die Ewe-streek word soms as Ewe-nasie of Eʋedukɔ́-streek (Togoland in die koloniale literatuur) verwys.
Die Ewe is onderverdeel in vier groepe gebaseer op hul dialek en geografiese blyplek: Anlo Ewe, Mina, Anechɔ, Ʋedome(Danyi), Tongu of Tɔŋu. Die tradisionele taal van hul literatuur is die Anlo-ondertak.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Benin Kategorie:Etniese groepe in Ghana Kategorie:Etniese groepe in Togo Kategorie:Inheemse volke van Afrika