duimnael|Polisiefoto van Jeffrey Epstein, 2008

Jeffrey Edward Epstein (20 Januarie 1953 in New York – 10 Augustus 2019 in New York) was 'n Joods-Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger bekend vir sy beweerde sekshandel van minderjariges en sy verbintenisse met menige van die wêreld se elite. Epstein begin sy loopbaan in finansies by die beleggingsbank Bear Stearns, waarna hy sy eie firma, J. Epstein & Co., stig. Tot en met sy veroordeling vir seksmisdade in 2008 was hy 'n gerekende en vername multimiljoenêr wat in die kringe van die finansiële, politieke, en kulturele elite van die samelewing beweeg het.

In 2005 begin die polisie in Palm Beach, Florida om hom te ondersoek nadat 'n ouer beweer het dat Epstein haar 14-jarige dogter gemolesteer het. Epstein het uiteindelik skuldig gepleit en is in 2008 in 'n Florida-deelstaatshof vir die uitlokking van 'n prostituut en vir die verkryging van 'n minderjarige prostituut tot 13 maande gevangenisstraf met werkvrylating gevonnis. Federale amptenare het 36 meisies so jonk as 14 jaar geïdentifiseer wat deur Epstein gemolesteer is.

Epstein is weer eens op 6 Julie 2019 in hegtenis geneem op federale aanklagtes van sekshandel met minderjariges in Florida en New York. Hy sterf op 10 Augustus 2019 na bewering weens selfmoord in sy tronksel in Manhattan.

Daar is verskillende samesweringsteorieë rakende Epstein, waaronder: (1) dat hy nie dood is nie, maar in Israel woon en (2) dat hy in die tronk vermoor is om te verhoed dat hy skadelike inligting oor prominente persone kon openbaar.

Aangesien Epstein se dood die moontlikheid van kriminele aanklagte teen hom uitgesluit het, het 'n regter alle kriminele aanklagte op 29 Augustus 2019 van die hand gewys. Epstein het 'n dekades lange verbintenis met die Britse sosiale vlinder Ghislaine Maxwell, wat jong meisies vir hom gewerf het, wat gelei het tot haar skuldigbevinding in 2021 op Amerikaanse federale aanklagte van sekshandel en sameswering om hom te help om meisies, insluitend 'n 14-jarige, vir seksuele mishandeling en prostitusie van kinders te bekom.

Sien ook Jeffrey Epstein se dood Epstein-lêers

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse kriminele Kategorie:Amerikaanse pedofiele Kategorie:Amerikaanse dade van selfmoord Kategorie:Amerikaanse verkragters Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Sterftes in 2019