Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift (NZAT) was 'n Calvinistiese kultuurtydskrif wat in 1824 deur Ds. Abraham Faure op die been gebring is en tot 1843 tweemaandeliks verskyn het. Antoine Changuion was ook vanaf 1833 op die redaksie.esat.sun.ac.za s.v. "Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift"
Agtergrond Die meeste Kaaps-Hollandse jongmanne sou gewoonlik na Nederland gaan om daar te studeer, al het die verbintenis tussen die Kaaps-Hollandse kerk en die Nederlandse kerk amptelik nie meer bestaan nie. Moontlik diep onder die indruk van die groot sendingswerk oorsee, het Abraham Faure sy opleiding voortgesit in Gosport, Engeland, en daar diepgaande kennis met die Evangeliese tradisie opgedoen, waarna hy verdere opleiding in Nederland ontvang.
Teen 1824 het die Kaap-Hollandse Kerk tot veertien gemeentes aangegroei soos die Hollandssprekende boere aan die grense van die kolonie al hoe verder van Kaapstad weggetrek het. Die groot gebied het die bywoon van kerkdienste bemoeilik. Twaalf predikante alleen kon nie hierdie groot herderlike taak behartig nie. Baie lidmate het ook onverskillig op Sondae geword en op daardie Sabbatsdag begin werk, of was selfs onkundig oor die verlossing deur Christus. Om hierdie rede het Faure die NZAT 'n paar maande voor die 1824-sinode die lig laat sien. Twee tydskrifte het verskyn; 'n Nederlandse weergawe (met Faure self as redakteur) en 'n Engelse weergawe (met Pringle as redakteur), wat twee verskillende gemeenskappe bedien. Daardeur kon die Kaaps-Hollandse Kerk met die verspreide lidmate kommunikeer. Dit was Faure se hoofdoel om met die tydskrif die verafgeleë lidmate pastoraal te bedien, maar die tydskrif het weliswaar ook onderwerpe ingesluit van letterkundige, geskiedkundige of wetenskaplike aard, maar ook sake "onmydelik met deze Kolonie verbonden". Ook "gedenkwaardige stukken" soos die oorsprong van die "eerste Volksplanters" en hul wederervaringe in die nuwe land, is daarin opgeneem. Ook die Kaaps-Hollandse Kerkgeskiedenis kry in die blad sy aandag, maar sonder om "een bekrompen sekte-geest" te ontwikkel: die doel daarmee was om die tydskrif "zoo wyd en zyd te verbreiden, als er leergierige lezers en lezeressen zullen gevonden worden".
Boekdele Boekdeel Jaargang ArgiefDeel I 1824 Google PlayDeel II 1825 Google PlayDeel III 1826 Google PlayDeel IV 1827 Google PlayDeel V 1828 Google PlayDeel VI 1829 Google PlayDeel VII 1830 Google PlayDeel VIII 1831 Google PlayDeel IX 1832 Google PlayDeel X 1833 Google PlayDeel XI 1834 Google PlayDeel XII 1835 Google PlayDeel XIII 1836 Google PlayDeel XIV 1837 Google PlayDeel XV 1838 Google PlayDeel XVI 1839 Google PlayDeel XVII 1840 Google PlayDeel XVIII 1841 Google PlayDeel XIX 1842 Google PlayDeel XX 1843 Google Play
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse tydskrifte