Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Goedjarati.
Die Goedjarati's (Goedjarati: ગુજરાતી) is 'n Indo-Ariese etniese groep wat Goedjarati as moedertaal praat en inheems is aan die Indiese deelstaat Goedjarat. Goedjarati's is prominent in ondernemerskap en sakeonderneming, en persoonlikhede soos Mahatma Gandhi en Vallabhbhai Patel het 'n histories-belangrike rol in die stryd teen Brits-Indië vir Indiese onafhanklikheid gespeel. Die stigter van Pakistan, Muhammad Ali Jinnah, was ook 'n Goedjarati. In die huidige tyd is die hedendaagse Indiese eerste minister, Narendra Modi, en Indië se welvarendste man, Mukesh Ambani, ook Goedjarati's.
duimnael|links|Muhammad Ali Jinnah saam met Mahatma Gandhi 1944 in Mumbai Ondanks aansienlike migrasie hoofsaaklik om ekonomiese redes, bly die meeste Goedjarati's in die Indiese deelstaat Gujarat. Daarbenewens vorm Goedjarati's 'n belangrike deel van die naburige metropolitaanse gebied van Mumbai, asook die uniegebiede Daman en Diu en Dadra Nagar Haveli, albei is voormalige Portugese kolonies. Daar is ook groot Goedjarati-immigrantegemeenskappe in ander dele van Indië, veral in groot stede soos Mumbai, Delhi, Kolkata, Madras, Bangalore en ander metropolitaanse gebiede soos Kollam en Kochi in Kerala. Regdeur die geskiedenis het Goedjarati's as die grootste handelaars, nyweraars en ondernemers van Indië bekend geword, en het as gevolg daarvan oor die hele wêreld, veral na ander dele van die Britse Ryk soos Fidji, Hongkong, Nieu-Seeland, Oos-Afrika en lande van Suider-Afrika, migreer. Diasporas en transnasionale netwerke in baie van hierdie lande is meer as 'n honderd jaar oud. In onlangse dekades het groter getalle Goedjarati's na Engelssprekende lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië, Kanada en die Verenigde State migreer. In Suid-Afrika bly sowat 300 000 Goedjarati's en behoort tot die Indiese Suid-Afrikaners met hul sentrum Durban in KwaZulu-Natal.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Indië Kategorie:Etniese groepe in Pakistan Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Goedjarat