Die term Drawidas of Dravidas verwys na mense wat een van die Drawidiese tale as moedertaal praat. Daar is sowat 245 miljoen mense wat 'n Drawidiese taal as moedertaal besig. Drawidas stel die meerderheid in Suid-Indië en is inheems aan Indië, Pakistan, Afghanistan, Bangladesj, Maledive en Sri Lanka.

duimnael|links|Verspreiding van die Drawidiese tale binne die tale van Suid-Asië duimnael|links|Stamboom van Drawidiese tale Proto-Drawidies is dalk deur die Indusvalleibeskawing gebesig, wat daarop dui dat Proto-Drawidies aan die begin van die derde millennium v.C. gepraat is, aansluitend het dit in verskeie Drawidiese tale verbrokkel. History and Archaeology, Volume 1, Issues 1-2 bl. 234, Department of Ancient History, Culture, and Archaeology, University of Allahabad Suid-Drawidies I (insluitende voor-Tamil) en Suid-Drawidies II (insluitende voor-Telugu) stig rondom die 11de eeu v.C., met die ander hooftakke wat rondom dieselfde tyd afgestig het.

Die oorsprong van die Drawidas is 'n "baie komplekse onderwerp van navorsing en debat". Hulle is dalk inheems aan die Indiese subkontinent, maar 'n herkoms of invloed van Wes-Asië is ook al voorgestel. Hul oorsprong word dikwels in verband gesien met die Indusvalleibeskawing, waarvandaan mense ná die einde van die Indusvalleibeskawing in die vroeë tweede millenium v.C. saam met hul tale oos- en suidwaarts begin versprei het, gelyktydig met die opkoms van Indo-Ariërs, Razab Khan, The Dravidianization of India met wie hulle 'n intensiewe omgang gehad het. Van die onlangse DNA-bewyse dui op 'n verband tussen 'n lyk, wat op die Harappan-terrein van Rakhigarhi in Haryana gevind is, en "Antieke Suid-Indiërs". Uit hierdie interaksies en migrasies ontstaan ná 500 v.C. uiteindelik die sogenaamde "Hindoe-sintese".

Die derde eeu v.C. het die opkoms van groot koninkryke in Suid-Indië gesien. Middeleeuse Tamilse gildes en handelsorganisasies soos die "Ayyavole en Manigramam" het 'n belangrike rol in die Suidoos-Asiatiese handel The Emporium of the World: Maritime Quanzhou, 1000–1400 by Angela Schottenhammer bl. 293 en die kulturele Indianisering van die streek gespeel.

Die Drawidiese visuele kuns word deur gestileerde tempelargitektuur in hoofsentra en die vervaardiging van beelde van klip- en bronsbeeldhouwerke oorheers. Die skulptuur wat uit die Chola-tydperk dateer het 'n bekende simbool van Hindoeïsme geword.

Verwysings

Eksterne skakels