Eintracht Wetzlar is 'n sokkerklub uit Wetzlar in die deelstaat Hessen in Duitsland.
Die klub is op 20 Julie 1905 gestig as Wetzlarer Fußball Club. In 1927 is daar met Wetzlarer Ballspielclub 1910 saamgesmelt om Sportverein Wetzlar 05 te vorm. In die 1940’s het die span sy grootste prestasie behaal deur een seisoen in die Gauliga Hessen-Nassau op die hoogste vlak deur te bring.
Na die Tweede Wêreldoorlog is 'n aantal plaaslike klubs (insluitend Sportverein Wetzlar 05) saamgesnoer in 'n enkele klub genaamd Sportgemeinde Eintracht Wetzlar. Na 'n afwesigheid van 36 jaar het die span in 2007 teruggekeer na die Oberliga Hessen as kampioen van die Landesliga Hessen.
Die klub se tradisionele tuisveld is die Sportheim am Klosterwaldsportplatz, maar met die promosie na die Oberliga word tuiswedstryde nou op die veel groter Stadion Wetzlar, wat aan die stadsraad behoort, gespeel.
Onlangse ligaposisionering 1999-00 (VI) Bezirksoberliga 1ste 2000-01 (V) Landesliga Hessen Sentr. 10de 2001-02 (V) Landesliga Hessen Sentr. 6de 2002-03 (V) Landesliga Hessen Sentr. 2de 2003-04 (V) Landesliga Hessen Sentr. 11de 2004-05 (V) Landesliga Hessen Sentr. 5de 2005-06 (V) Landesliga Hessen Sentr. 4de 2006-07 (V) Landesliga Hessen Sentr. 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Hessen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Verwysings Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag
Oberliga Hessen 2007/08-seisoen FC Beiere Alzenau - Viktoria Aschaffenburg - KSV Baunatal - SV Darmstadt 98 - SV Buchonia Flieden - Eintracht Frankfurt II - SG Roowit Frankfurt - SC Borussia Fulda - KSV Klein-Karben - FSC Lohfelden - 1. FC Germania 08 Ober-Roden - 1. FC Schwalmstadt - FSV 1926 Fernwald - SC Waldgirmes - SV Wehen II - Eintracht Wetzlar - TSG Wörsdorf - RSV Würges
Wetzlar