1. FC Schweinfurt 05 is 'n sportklub uit Schweinfurt in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir korfbal, vuisbal, handbal, hokkie, pluimbal, gimnastiek en atletiek.

Die klub is in 1905 gestig. In 1928 is daar kortstondig met Turngemeinde Schweinfurt von 1848 saamgesmelt, maar die unie het na 2 jaar weer uitmekaargespat. In 1931 het die klub die hoogste klas bereik en daar gebly totdat die klub met die invoer van die Bundesliga in 1963 in die 2de klas (Regionalliga) ingedeel is:

Tussen 1933 en 1945 het Schweinfurt in die Gauliga Beiere gespeel. In 1939 en 1942 het die klub die Gauliga gewen (voor klubs soos FC Beiere München, TSV 1860 München en 1. FC Neurenberg) en kon hulle aan die uitspeelwedstryde om die Duitse titel deelneem, maar die span is beide kere in die vroeë rondtes uitgeskakel.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub in die Oberliga Suid ingedeel en het daar bly speel tot met die oprigting van die Bundesliga. Die klub het in 1966 die Regionalliga Suid gewen, maar was onsuksesvol in die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga.

Die klub het sedert 1976 in heelwat seisoene finansieel en op die veld gesukkel en is in 2004 onder administrasie geplaas. Na 'n herstrukturering kon die klub gered word, maar die DFB het die klub tot in die Landesliga op die 5de vlak gerelegeer.

Die klub se tuisveld, die Willy Sachs-stadion in Schweinfurt, is vernoem na Willy Sachs, wat die stadion uit sy eie fondse in 1936 laat bou het. Sachs was egter 'n omstrede figuur weens sy verbintenis met die SS en het in 1958 selfmoord gepleeg.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Suid 7de 1964-65 (II) Regionalliga Suid 15de 1965-66 (II) Regionalliga Suid 1ste 1966-67 (II) Regionalliga Suid 10de 1967-68 (II) Regionalliga Suid 5de 1968-69 (II) Regionalliga Suid 6de 1969-70 (II) Regionalliga Suid 5de 1970-71 (II) Regionalliga Suid 6de 1971-72 (II) Regionalliga Suid 12de 1972-73 (II) Regionalliga Suid 14de 1973-74 (II) Regionalliga Suid 15de 1974-75 (II) 2.Bundesliga-Suid 3de 1975-76 (II) 2.Bundesliga-Suid 18de 1976-77 (III) Amateurliga Beiere 14de 1977-78 (III) Amateurliga Beiere 8ste 1978-79 (III) Am.Oberliga Beiere 3de 1979-80 (III) Am.Oberliga Beiere 4de 1980-81 (III) Am.Oberliga Beiere 4de 1981-82 (III) Am.Oberliga Beiere 2de 1982-83 (III) Am.Oberliga Beiere 16de 1983-84 (IV) Landesliga Beiere 1ste 1984-85 (III) Am.Oberliga Beiere 18de 1985-86 (IV) Landesliga Beiere 1ste 1986-87 (III) Am.Oberliga Beiere 14de 1987-88 (III) Am.Oberliga Beiere 10de 1988-89 (III) Am.Oberliga Beiere 2de 1989-90 (III) Am.Oberliga Beiere 1ste 1990-91 (II) 2.Bundesliga 20ste 1991-92 (III) Am.Oberliga Beiere 7de 1992-93 (III) Am.Oberliga Beiere 9de 1993-94 (III) Am.Oberliga Beiere 9de 1994-95 (IV) Oberliga Beiere 5de 1995-96 (IV) Oberliga Beiere 3de 1996-97 (IV) Oberliga Beiere 5de 1997-98 (IV) Oberliga Beiere 1ste 1998-99 (III) Regionalliga Suid 5de 1999-00 (III) Regionalliga Suid 3de 2000-01 (III) Regionalliga Suid 3de 2001-02 (II) 2.Bundesliga 17de 2002-03 (III) Regionalliga Suid 12de 2003-04 (III) Regionalliga Suid 15de 2004-05 (IV) Oberliga Beiere 19de lisensie teruggetrek 2005-06 (V) Landesliga Beiere Noord 7de 2006-07 (V) Landesliga Beiere Noord 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Beiere 16de 2008-09 (V) Oberliga Beiere 17de 2009-10 (VI) Landesliga Beiere Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad The Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Beiere 2007/08-seisoen TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - 1. FC Eintracht Bamberg - SpVgg Bayreuth - SpVgg Greuther Fürth II - TSV Großbardorf - SV Heimstetten - SpVgg Beiere Hof - FC Kempten - FC Memmingen - FC Ismaning - 1.FC Neurenberg II - 1. FC Schweinfurt 05 - TSG Thannhausen - SpVgg Unterhaching II - SpVgg Weiden - Würzburger FV

Schweinfurt