130pxDie Politieke ekonomie van Suid-Afrika-reeks Politieke ekonomie van Suid-Afrika Bothanomics Krygkor Mosambiek-ooreenkoms
Die term Bothanomics verwys na die program van ekonomiese hervorming wat deur die destydse Suid-Afrikaanse staatspresident Pieter Willem Botha tydens sy openingsrede op 5 Februarie 1988 in die nasionale parlement in Kaapstad afgekondig is.
Die maatreëls was die regering se antwoord op die ernstige ekonomiese krisis wat Suid-Afrika in die laat tagtigerjare geknel het en het onder meer voorsiening gemaak vir:
die invoering van 'n Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) wat die Algemene Verkoopbelasting (AVB) vervang het; die sentralisering van die staatsfinansies; die privatisering van staatsbeheerde maatskappye soos die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (Eskom), die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (SAVD), Pos en Telekommunikasie (P&T), die staalvervaardiger Yster- en Staalkorporasie (Yskor) en 'n aantal paaie; 'n meer doeltreffende staatsfinansiële bestuur, die vermindering van staatsbesteding en die terugbetaling van staatskuld (waarvoor die inkomste uit privatiserings gebruik sou word); die bevordering en ontwikkeling van infrastruktuurprojekte en -instellings, en kleinsakeondernemings in ontwikkelingsgebiede; deregulering ten gunste van Swart sakelui; die bevriesing van lone en salarisse in die staatsdiens om inflasie te bestry; en besparings in die besteding vir sosiale welsyn en 'n verlaging in die standaard van bepaalde openbare dienste.
Bronne Botha Announces Privatisation Programme. In: SWB/ME/W0013/A2/2-4, 16 Februarie 1988 Botha's New Economic Plan. In: Front File. Southern African Brief, volume 2/3 (Februarie 1988) Monroe, Richard: Bothanomics: Sign of SA capitalism's bankruptcy. In: Inqaba ya basebenzi. Journal of the Marxist Workers' Tendency of the African National Congress, nommer 26, April 1988, bl. 32. Aanlyn beskikbaar: disa.ukzn.ac.za Weimer, Bernhard: Das Ende der weißen Vorherrschaft im südlichen Afrika. Baden-Baden: Nomos 1992
Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika