Hoekwil is 'n klein plaasdorpie, bokant Wildernis, en omtrent 20 km buite George se middestad.

Interessant Die vorige naam van die nedersetting is Olifantshoek. In die tyd toe poskodes in Suid-Afrika ingevoer is, is besluit om die naam van die dorpie te verander om verwarring met die dorp Olifantshoek in die Noord-Kaap te voorkom. Hoekwil is afgelei van die "hoek" van Olifantshoek en die "wil" van Wildernis.

Oud-staatspresident P.W. Botha en sy vrou is ter ruste gelê in die begraafplaas langs die N.G. Kerk op Hoekwil.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap