FSV Optik Rathenow is 'n sokkerklub uit Rathenow in die deelstaat Brandenburg in Duitsland.

Die klub het in 1906 ontstaan as 'n samesmelting tussen Spartakus Rathenow en Preußen Rathenow met die naam Spielvereinigung Rathenow 06. In die 1930’s is daar met die gimnastiekklub TV Vater Jahn saamgesmelt as VfL Rathenow en in 1939 is daar gepromoveer na die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub bekend gestaan as Verkehr Rathenow, maar is in 1950 herdoop na BSG Mechanik Rathenow. Drie jaar later is die klub weer herdoop, hierdie slag na BSG Motor Rathenow. Die klub se beste jare in die DDR was tussen 1959 en 1963, toe daar in die DDR-Liga op die tweede vlak meegeding is. Na die eenwording van Duitsland in 1990 is die klub se naam verander na SV Optik Rathenow, maar die klub het finansieel en spelersgewys baie swaar begin trek as gevolg van die ekonomiese krisis waarin die Rathenow Optiese Werke, die ekonomiese hart van die stad, beland het. Dit het gelei tot die onafhanklikwording van die sokkerafdeling as FSV Optik Rathenow op 21 Februarie 1991.

Onlangse ligaposisionering 1990-91 (V) Landesliga Brandenburg 1ste 1991-92 (IV) Verbandsliga Brandenburg 1ste 1992-93 (III) Oberliga Noordoos-N 11de 1993-94 (III) Oberliga Noordoos-N 7de 1994-95 (III) Regionalliga Noordoos 14de 1995-96 (III) Regionalliga Noordoos 18de 1996-97 (IV) Oberliga Noordoos-N 7de 1997-98 (IV) Oberliga Noordoos-N 12de 1998-99 (IV) Oberliga Noordoos-N 13de1999-00 (IV) Oberliga Noordoos-N 8ste 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-N 10de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-N 16de 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-N 14de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-N 12de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-N 14de 2005-06 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de 2006-07 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-N

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow

Rathenow