Tasché Susanne Burger (gebore op 29 Junie 2000 in Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het van 4-jarige ouderdom af sanglesse geneem en aan haar talent geskaaf. Haar vroeë opvoeding ontvang sy by Laerskool Totius en Laerskool Durbanville; na haar Graad 8-jaar in Hoërskool Stellenberg het sy tuisonderrig ontvang tot Graad 12.

Sy is die wenner van die derde seisoen van die TV-musiekwerklikheidsreeks The Voice SA op die TV-kanaal M-Net. Sy het ’n platekontrak by Universal Music SA losgeslaan.Tasché Burger wins The Voice SA & it's a pretty big deal Kyle Zeeman, Times Live, 8 Julie 2019. Besoek op 10 Julie 2019. Tasché was ook die eerste vroulike kunstenaar en die jongste om dié realiteitsreeks te wen. Francois van Coke was haar afrigter tydens hierdie reeks. Haar musiekloopbaan word bestuur deur Wynand Myburgh se musiekagentskap, Valkie van Coke.

Diskografie

Die Een (2019) Die Een is haar eerste enkelsnit wat in Augustus 2019 uitgereik is. Dit is opgeneem by die Van Coke Studios in Kaapstad, saam met Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) en Ricard Onraet (Die Gevaar).Apple Music Preview: Tasché - Die Een - Single music.apple.com, 16 Augustus 2019. Besoek op 25 Januarie 2020.

Tasché - EP (2019) In November 2019 word Tasché se eerste EP vrygestel.Tasché Brings All The Feels With Her First EP www.undergroundpress.co.za, 13 November 2019. Besoek op 25 Januarie 2020. Die EP is opgeneem by die Van Coke Studios en is vrygestel deur Universal Music SA.Apple Music Preview: Tasché - EP music.apple.com. Besoek op 25 Januarie 2020. Haar weergawe van Lisa se Klavier asook Vier Seisoene Kind, saam met Francois van Coke, word gesing op die EP.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 2000