duimnael|HMS Tireless in 2012 Die Trafalgar-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot wat missiele dra. Die klas bestaan uit sewe duibote: Trafalgar, Turbulent, Tireless, Torbay, Trenchant, Talent en Triumph. Gesamentlik staan hulle bekend as die T-bote. Die Trafalgar-klas het die Swiftsure-klas vervang. Hierdie klas was die gevorderdste klas in die Britse Vloot totdat die Asture-klas in gebruik geneem is. Die T-bote se ontwerp is ses jaar ná die van die Swiftsure-klas voltooi en oor 'n tien jaar periode vanaf 1983 afgelewer.
Die aflewering van die duikbote het met groot trompetgeskal gepaard gegaan, die verbeteringe is veral beklemtoon. Dit sluit 'n verbeterde kernreaktor in asook die Tipe 2020 sonar. Tog was die uitleg van die duikboot aan die binnekant net soos dié van die Swiftsure en hulle was net 2,5 m langer. Daar was wel groot klem geplaas om die duikboot stiller te maak. Die sewelemskroef is vervang met pompstraal-aandrywing.
Tog was daar probleme met die klas wat groot mediapublisiteit aan die duikbote besorg het vir die verkeerde redes. Die eerste duikboot was HMS Tireless wat 'n lek ontwikkel het in een van sy verkoelingspompe in die reaktor. Die boot moes noodgedwonge sy vaart om die wêreld kortknip en het Gibraltar mank-mank bereik. Ander duikbote het ook tegniese probleme ondervind, sommige dieselfde as dié van Tireless, waarna die fout as die The Tireless Fault bekend gestaan het.
In die vroeë 2000's is sommige van die duikbote opgradeer sodat hulle tot minstens 2010 in diens kon bly.
Duikbote in die klas Die klas was gestasioneer by die Devonport-vlootbasis, in die stad Plymouth, Engeland. Almal is deur Vickers Shipbuilding and Engineering in Barrow-in-Furness gebou.
Naam Duikboot Wimpel-nommer Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel Status HMS Trafalgar 1 S107 25 April 1979 Sharpe, Richard, Jane's Fighting Ships, 1996–97, pub 1996, Jane's Information Group, page 758. 1 Julie 1981 27 Mei 1983 Uit diens gestel op 4 Desember 2009 HMS Turbulent 2 S87 8 Mei 1980 1 Desember 1982 28 April 1984 Uit diens gestel op 14 Julie 2012 HMS Tireless 3 S88 6 Junie 1981 17 Maart 1984 5 Oktober 1985 Uit diens gestel op 9 Junie 2014HMS Tireless navy submarine ends service at Devonport, bbc.com, 19 Junie 2014 HMS Torbay 4 S90 3 Desember 1982 8 Maart 1985 7 Februarie 1987 Uit diens gestel op 14 Julie 2017 HMS Trenchant 5 S91 28 Oktober 1985 3 November 1986 14 Januarie 1989 In reserwe HMS Talent 6 S92 13 Mei 1986 15 April 1988 12 Mei 1990 In aktiewe diens HMS Triumph 7 S93 2 Februarie 1987 16 Februarie 1991 12 Oktober 1991 In aktiewe diens
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Trafalgar-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 4 650 metrieke ton Verplasing (onderwater) 5 200 metrieke ton Lengte 85,4 m Breedte 9,8 m Aandrywing 1 x Rolls-Royce PWR1 kernreaktor2 x stoomturbine 11 185,5 kW Spoed (oppervlak) 25 knope Spoed (onderwater) 30 knope Bemanning 130 lede Wapens 5 x torpedobuise vir Spearfish torpedosRN Sub-Harpoon missieleTomahawk-missiele
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland and John Parker, 2015,
Verwysings
Kategorie:Duikbote