duimnael|Elena Poniatowska, 2008 Hélène Elizabeth Louise Amelie Paula Dolores Poniatowska Amor, Elena Poniatowska (* 19 Mei 1932 in Parys) is 'n Meksikaanse skryweres en joernalis.https://elpais.com/cultura/2013/11/19/actualidad/1384893369_054933.html

Biografie Hélène Poniatowska Amor is as dogter van Meksikaans-Poolse ouers in 1932 in die Franse hoofstad Parys gebore. Die familie van haar moeder Paulette Dolores Amor het hulle ná die onteiening van hul grondbesit gedurende die Meksikaanse Rewolusie in Frankryk gevestig. Haar vader Jean Evremont Poniatowski was van adellike Poolse afkoms.

Paulette Dolores Amor het ná die Duitse besetting van Frankryk in 1941 met haar twee dogters gevlug en in die volgende jaar na Meksiko teruggekeer. Haar man het tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog in die Franse leër gedien en eers daarna sy gesin gevolg.

Werke 1954 - Lilus Kikus 1969 - Hasta no verte, Jesus mío 1971 - La noche de Tlatelolco 1978 - Querido Diego, te abraza Quiela 1980 - Fuerte es el silencio 1988 - La flor de lis 1988 - Nada, nadie. Las voces del temblor 1991 - Tinísima 1997 - Paseo de la Reforma 2001 - La piel del cielo 2003 - Tlapalería 2007 - El tren pasa primero 2011 - Leonora

Toekennings Prémio Mazatlán de Literatura, 1971 Premio Xavier Villaurrutia, 1971 Prémio Nacional de Periodismo, 1978 Premio Alfaguara, 2001 Premio Maria Moors Cabot, 2004 Premio Rómulo Gallegos, 2007 Premio Biblioteca Breve, 2011 Premio Cervantes, 2013

Verwysings

www.elenaponiatowska.com

Kategorie:Meksikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1932