Old Trafford, weens borgskapredes bekend as Emirates Old Trafford, is 'n krieketveld in Old Trafford, Groter Manchester, Engeland. Dit is in 1857 as die tuiste van Manchester Cricket Club geopen en is sedert 1864 die tuiste van Lancashire County Cricket Club. Old Trafford is oorkant die gelyknamige sokkerstadion geleë.

duimnael|links|The Point is in 2010 opgerig Old Trafford is Engeland se tweede oudste toetsveld na The Oval en was die gasheer vir die eerste As-toets in Engeland in Julie 1884. Die veld het vyf keer die krieketwêreldbekertoernooi aangebied en in 1979, 1983, 1999 en 2019 'n rekord van vier halfeindrondtes aangebied. Old Trafford is ook tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 vir wedstryde gebruik.

In 1956 is die eerste 10-paaltjie-oes in een beurt deur die Engelse kolwer Jim Laker behaal wat 19 paaltjies vir 90 lopies geneem het – 'n boulrekord wat onoorwonne is in toets- en eersterangse krieket. In die 1993-As-toets op Old Trafford het die draaibouler Shane Warne vir Mike Gatting met die "Ball of the Century" uitgeboul.

Wedstryde Krieketwêreldbeker 1975

Krieketwêreldbeker 1979

Krieketwêreldbeker 1983

Krieketwêreldbeker 1999

Krieketwêreldbeker 2019

T20I-vrouewêreldbeker 2026

Verwysings

Eksterne skakels

Old Trafford op ESPNcricinfo

Kategorie:Manchester Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Krieketstadions in Engeland Kategorie:T20I-vrouewêreldbekerstadions