Volksetimologie is die klankverandering (opsetlik of onopsetlik) van woorde wat betekenisloos is tot nuwe woorde wat verstaanbaarder is. Die ongewone woorde is uitgespreek soos dit vir die sprekers (die gewone mens, breedweg die volk) geklink het en is soms verander of vervorm tot 'n woord wat bekend klink (hetsy deur klank-, hetsy deur begripassosiasie). Volksetimologieë is in Afrikaans eiegoed, en nie uit Nederlands oorgeërf nie. Dit het hetsy uit misverstand, hetsy uit onkunde, hetsy grappenderwys in die volksmond ontstaan. In wese speel volksetimologie nie 'n belangrike rol in die vorming van die nuwe Afrikaanse woordeskat nie.Rossouw, P.J., Du Toit, H.A., Louw, I.J., Jurgens, M.L., Theron, J.W. s.j. Die Lewende Taal: Afrikaans as moedertaal vir die nuwe Senior Sekondêre Kursus (Standerds 9 en 10) en vir ander klasse van gelykstaande ontwikkeling. Kaapstad: Juta. pp. 150-151 In die negentiende-eeuse Transvaalse koerante word veral met baie konsepte en eiename van Britse (imperialistiese) herkoms mee die spot gedryf.

Begrip Volgens die taalkundige J.J. Smith is die begrip Volksetymologie in 1852 gemunt deur die Duitse taalgeleerde, "W. Förstemann" (d.i. Ernst Wilhelm Förstemann), wel gegrond op 'n ander taalopvatting. Förstemann en ander taalgeleerdes het destyds die wyse om 'n onbekende woordvorm meer "volks" of "eie" te maak as iets positiefs beskou, 'n uiting van die ware en gesonde volksgees. Hierdie volksgees het geen vrede met 'n woord wat hy nie begryp nie en omskep dit in iets wat vir hom iets beteken (byna soos 'n oester wat 'n pragtige nuwe pêrel skep uit 'n irriterende sandkorreltjie). Vir hierdie taalgeleerdes was volksetimologie dus werklik 'n etimologie wat die volk doelbewus beoefen het.

Die moderne taalkundiges is nie hiermee eens nie, want 'n volk is van nature lui en gaan slaan nie eers die woordherkoms van elke woord na waaroor hy struikel nie. Die gewone spreker besig elke dag duisende woorde en bekommer hom nie in die minste oor die oorsprong daarvan nie. Volksetimologie geskied daarom ook op 'n onbewuste wyse - en het werklik niks met die ware wetenskaplike aard van die etimologie (die navorsing van die woordherkoms) uit te waai nie. Tog bestaan "volksetimologie" letterlik sodra die volk spekuleer waar 'n woord vandaan kom, byvoorbeeld wanneer 'n seun die sabbat met bad in verband bring (omdat mens op die sabbat jou weeklikse bad inkry), of om koekmakranka as verbastering van goed vir krampe te beskou (as geneesmiddel vir maagaandoenings),Coetzee, A.J. 1938. Die Afrikaanse Volksgeloof. Amsterdam: N.V. Swets & Zeitlinger., bl. 158: "ons ou mense het baie graag koekmakrankas op brandewyn laat trek, en vir hulle was dit 'n probate middel teen allerhande maagaandoeninge. Hulle het ook vas geglo dat "koekmakranka" 'n verbastering vir "goed vir krampe" is (dus volksetimologie, — A.J.C.); want, so beweer hul, daar is niks so goed vir krampe in die maag as koekmakranka-brandewyn nie." maar dit is die uitsondering op die reël.

Self 'n goeie voorbeeld van hierdie tipe "volksetimologie" sou wees 'n naam soos Kapokberg, geleë in die Wes-Kaap. Omrede die woord "kapok" in die moderne Afrikaans geredelik verbind word met sneeu, sou die Afrikaanssprekende sonder meer dink die berg is so genoem omdat daar so baie sneeuneerslae in die wintermaande moet wees. Dit is 'n vergissing, want Nicolas-Louis de Lacaille skryf in sy joernaal op 16 Augustus 1752: ce nom lui vient d'une espece d'Arbuste qui porte une fleur qui est une forte de ouate, appellée Kapoc dans les Indes, on l'y cultive pour en faire des lits, comme sont nos lits de plumes. (hierdie naam is afkomstig van 'n struikspesie, wat 'n blom dra wat so sterk soos watte is, genaamd "Kapoc" in (Nederlands)-Indië, wat verbou word om beddens te maak (stop), soos ons verebeddens is.)De Lacaille, N-L. 1763. Journal historique du voyage fait au Cap de Bonne-Espérance. Paris: Chez Guillyn. p. 173.

Nog 'n treffende voorbeeld is "die knoop deurhaak", wat eintlik "die knoop deurhak" moet wees. Vergelyk Engels hack (and slash) en Duits Hacken en ook in die ouer woord houthakker (houtkapper), dit wil sê deurkap. Hier vind mens die vervorming van die Gordiaanse knoop deurhak, naamlik 'n byna onoorkomelike moeilikheid te bowe kom. In die Griekse mitologie het Gordius, die mitiese koning van Frigië (rondom die hedendaagse Turkye), 'n ingewikkelde knoop gemaak in die riem aan die disselboom van sy strydwa. Wie ook al dit kon loswikkel of losmaak, sou wêreldheerser word. Niemand kon egter daarin slaag nie, en Alexander die Grote, in hoogseie persoon, het uiteindelik die kortpad gekies en die knoop met sy swaard deurgehak.WAT, s.v. Gordiaans

Self het Smith geen probleem met die ingeburgerde begrip nie, al is dit hoe misleidend, "mits ons op ons hoede is en geen verkeerde konklusies uit die naam trek nie".Smith, J.J. 1962. "'n Paar gedagtes oor Volksetymologie". In: Op ons taalakker. Pretoria: J.L. van Schaik. p. 150 H.J.J.M. van der Merwe voer ook aan hierdie begrip is misleidend, "want die term gee dikwels aanleiding tot verwarring met 'etimologie', die taalwetenskap wat hom besighou met die herkoms van woorde". Hy stel 'n ander benaming voor, "iets soos verdraaiing".

Wenslikheid en standaardisering

Baie grappige vervorminge is eendagsvlieë wat nooit werklik deel van die blywende taalskat word nie. Die problematiek is die erkenning daarvan.

Volgens J.J. Smith is die skryftaal nie die getroue beeld van die spreektaal nie - juis omdat dialekte, streekstale en die idiolek in so 'n mate verskil dat ander Afrikaanssprekendes die konteks met moeite sal verstaan, of glad nie. Volgens hom moet die skryftaal so naby as moontlik aan Nederlands bly, "sodat Nederlanders sonder groot inspanning ons boeke kan lees en in ons literatuur kan belangstel"; dus, 'n groter afsetgebied vir die Afrikaanse boek. Wedersyds kan die Afrikaanssprekendes steeds met gemak deur Nederlandse tekste verryk word. Waar daar dus 'n keuse tussen twee woordvorme of spellinge bestaan, behoort die keuse te wees die een wat die naaste op die Nederlands lyk. Die beginsel bestaan om in 'n eenheidstaal alle vervorminge te vermy wat nie buite sekere kringe of streke bekend is nie. Die enigste uitsondering is waar die nuwe volksvorme wel op skrif mag verskyn, soos in romans en ander verhalende werke, "om sekere sprekers of klasse te kenskets, of om lokale kleur aan die vertelling te bied". Wat algemeen gesê word en oral as beskaafde taal geld (en nie neerlandisties onafrikaans voorkom nie, soos bv. nagskade ('nachtschade') in stede van nastergal; hoewel populier tog ook destyds onafrikaans gelyk het teenoor poplier, poppelier, paplier, pappelier, pampelier en tans die norm in die skryftaal is), verdien ook erkenning op skrif.Smith, J.J. 1962. "'n Paar gedagtes oor Volksetymologie". In: Op ons taalakker. Pretoria: J.L. van Schaik. p. 154-157

Onopsetlike verdraaiing Van die woorde word as korrek in Afrikaans aanvaar, omrede dit nie opsetlik in Afrikaans verdraai is nie, maar uit onkunde (of misverstand) ontstaan het: blaasbalk (blaasbalg; balg = sak, dierpens, buik)Ponelis, F.A., Senekal, H.E.J. & De Klerk, W.J. 1972. Die patroon van Afrikaans: Taalstruktuur vir Seniors. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel. p. 365 aamborstig (ang- of engborstig; dit hou verband met angs) balhorig (balorig of baloorig = onwillig, stuurs) domkrag (duimkrag) dronknes (Eng. drunkenness) hangmat (hamaca) kanferfoelie of kaperfoelie (capri folium (bokblare); Eng. caprifoil) kappertjie (blomsoort, Tropaeolum majus) (kapusynerblom (meer Neerlandisties volgens WAT) < kapucijnbloem (Nederlands), vergelykbaar met Frans capucine (1694)cnrtl.fr s.v. capucine, subst. fem en Duits Kapuzinerkresse,Kapuzinerkresse ist Arzneipflanze des Jahres wat almal verwys na die kappie, soos gedra deur 'n spesifieke monnikorde) katjiepiering (Maleisies katjoe-piring) koperkapel (Port. cobra de cappello) kothuis (Eng. cottage) laksman (Mal. laksamana = skerpregter) liddoring (likdoring < likdoorn: lik = lyf; vergelyk litteken < likteken of lijkteken)Potgieter, Dirk Jacobus. 1930. Juta se nuwe Afrikaanse grammatika vir middelbare skole. Kaapstad : Juta. p. 256 muisneste (muizenissen = bepeinsinge, gedagtes; musen = om te peins oor kleinigheidjies) nagmerrie (nachtmare of nagmare; mare = kennis, tyding, besoeking, kwelgees, spook, gedagte)Van der merwe, H.J.J.M. (red.). 1972. Afrikaans: sy aard en ontwikkeling. Pretoria: J.L. van Schaik. p. 134 perlemoen (perlemoer < parelmoeder < leenvertaling van Middellatyn 'mater perlarum' (moeder van die pêrels) ) ribbok (reebok)etymologiebank.nl, s.v. reebok (die Suid-Afrikaanse bok is aanvanklik vernoem na die Europese boksoort, maar hoort nie tot dieselfde familie nie) sondvloed of sonvloed (sinfluot = groot vloed, sind = altyd, voortdurend, aanhoudend)Therblanche, H.J. 1973. Die Wonder van Afrikaans. In: Pronk, 5 Oktober, p. 92: Ons woord sondvloed het niks met sonde te doen nie. Die oudste Nederlandse vorm is sintvloed wat letterlik 'n "groot vloed" beteken. Dit is egter opmerklik dat die Duitse Sündflut letterlik "sondevloed" beteken. Ons vind die Nederlandse woord "sintvloet" die eerste in 'n geskrif van 'n streek wat aan Duitsland grens, sodat dit moontlik 'n ontlening uit Duits kon wees. spinnerak (spinnerag of spinrag; rag = netwerk, weefsel)Combink, J. 1989. 'Afrikaanse morfologie: 'n oorsig'. In: Botha, T.J.R. Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde. Tweede, hersiene uitgawe. Pretoria: Academica, p. 249 vabond (vagebond = rondloper) vel(d)stoel (valtstoel; valt = vou) weeluis, of weerluis (weegluis: weeg = wand, muur) waatlemoen (waterlemoen < watermeloen < meloen met water)Smith, J.J. 1962. "'n Paar gedagtes oor Volksetymologie". In: Op ons taalakker. Pretoria: J.L. van Schaik. p. 159: Waterlemoen is 'n vervorming van watermeloen (soos uit die Engelse watermelon te sien is). Die woord meloen kom uit Frans melon, Latyn melo, 'n ontleding uit Grieks mêlon "appel" [...] Die vervorming waterlemoen het natuurlik tot stand gekom onder invloed van die bekende vrugtenaam lemoen, en dit is ook van heel oue datum, daar dit o.a. te lees is in Van Riebeeck se Daghverhaal (sic) en in Wouter Schouten se Oost-Indische Voyagie (1676).

Opsetlike verdraaiing Die volgende woorde is opsetlike verdraaiing: baiesukkel (Eng. bicycle)Van der Walt, C.P., Van Aardt, C.P. & Eksteen, L.C. 1973. Taalstudie vir die middelbare skool (9+10) Derde uitgawe, eerste druk. Johannesburg: Voortrekkerpers. p.337 Bakkely [ou Transvaals wat sinspeel op baklei] (Sir Henry Barkly) binnevet of die binnevet van die boud (Eng. benefit (of the doubt))Basson, M.A., Kromhout, J., Nel, P.G., Senekal, J.H. 1973. Afrikaans vir die Student: Die suiwer woord. Johannesburg: Voortrekkerpers. p. 205 Blou Armaans (Fr. blanc mange) Bottelbier (Bartle Frere) vir botter of vir wors (Eng. for better or for worse) bromkatjies of bromkaatjies (Eng. bronchitis)Ongepubliseerde klasgids vir standerds 9 en 10, Afrikaans Hoërgraad, Hoërskool Pietersburg. s.j. bl. 31. De Malle Boch (Malaboch, kaptein) Die ou duiwel se slypsteen (Eng. Sir Theophilus Shepstone)De Klerk, P.F., Esterhuizen, B.J. Hammann, H.J.R., Neethling, E.L. 1994. Afrikaans my taal 1986-sillabus, Tweede uitgawe, twaalfde druk. Kaapstad: Maskew Miller Longman, pp. 221-222. duisendtree of -treë (Eng. dysentery)