Alexander Albon (gebore 23 Maart 1996) is 'n Brits-Thaise professionele motorrenjaer wat sedert 2022 vir die Williams Racing-span aan Formule Een Grands Prix deelneem. Hy het in 2019 en 2020 vir die Red Bull-Honda-span deelgeneem.
Persoonlike lewe Albon is op 23 Maart 1996 in Londen, Engeland gebore. Sy pa, Nigel Albon, is 'n voormalige Britse renjaer wat aan die Britse toermotorkampioenskap en Porsche Carrerabeker deelgeneem het. Sy ma, Kankamol, is 'n burger van Thailand.
Albon het in Bures, Suffolk, saam met 'n jonger broer en drie susters grootgeword, Albon was in die Ipswich-skool voordat hy sy professionele renloopbaan begin het. Albon het dubbele Britse en Thaise nasionaliteit, en neem deel onder die Thaise vlag. Dit is bekend dat Albon Boeddhisme beoefen en is sedert 2019 in 'n verhouding met die Chinese LPGA-gholfspeler Lily He.
Formule 1-loopbaan Toro Rosso (2019) duimnael|links|Albon jaag in 'n Toro Rosso tydens die 2019 Oostenrykse Grand Prix
Op 26 November 2018 is aangekondig dat Albon van sy Nissan e.dams Formule E-kontrak vrygestel is ná gerugte dat hy vir Scuderia Toro Rosso in Formule Een sou teken. Op dieselfde dag het Toro Rosso aangekondig dat Albon vir 2019 saam met Daniil Kvyat by die span sal aansluit en dus is Albon se verhouding met Red Bull, wat sewe jaar tevore beëindig is, herstel. Hy is die tweede Thaise jaer wat aan Formule Een deelneem en die eerste sedert Prins Bira wat in 1954 deelgeneem het.
Albon het veertiende geëindig in sy debuutren, die 2019 Australiese Grand Prix. Hy het sy eerste punte by die volgende wedren, die Bahreinse Grand Prix, aangeteken, en negende geëindig.
Albon se beste kwalifiserende resultaat met Toro Rosso was by die Britse Grand Prix met 'n negende plek, hoewel hy nie daarin kon slaag om punte in die wedren aan te teken nie. Albon het die Duitse Grand Prix in die sestiende plek weggespring. Hy en Toro Rosso het voordeel getrek uit veranderende weersomstandighede om so hoog as vierde te vorder en uiteindelik sesde te eindig, al was dit agter spanmaat Kvyat wat die span se eerste podiumplek in meer as tien jaar behaal het.
Red Bull (2019–2021) 2019 duimnael|Albon ry vir Red Bull by die 2019 Italiaanse Grand Prix. Ná die Hongaarse Grand Prix het Red Bull Racing aangekondig dat Albon vir Pierre Gasly by die span sou vervang vanaf die Belgiese Grand Prix, wie sou terugkeer na Toro Rosso. Oor die middelseisoenverandering het Red Bull gesê: "Die span sal die volgende nege wedrenne gebruik om Alex se prestasie te evalueer om 'n ingeligte besluit te neem oor wie in 2020 saam met Max sal ry."
Albon het sy debuutseisoen agtste in die Wêreldjaerskampioenskap met 92 punte afgesluit. Hy het die nuweling van die jaar-toekenning by die FIA-prysuitdeling ontvang.
2020 duimnael|links|Albon ry vir Red Bull in Barcelona in 2020 gedurende voorseisoentoetse Albon het in 2020 voortgegaan om vir Red Bull saam met spanmaat Verstappen te jaag. In die slotfase van die Oostenrykse Grand Prix, was Albon in die derde plek na die veiligheidsmotor op nuwe sagte bande, agter die voorste Mercedes-motors op ouer harde bande. Albon het probeer om Lewis Hamilton verby te steek, maar die twee het kontak gemaak en Albon in die gruis ingestuur. Albon het later onttrek met 'n elektriese fout wat enjinverskaffer Honda gesê het agv die botsing was. duimnael|Albon jaag by die 2020 Toskaanse Grand Prix, waar hy sy debuut-podiumplek behaal het. Hy het onder druk gekom van Racing Point se Sergio Pérez in die laaste rondtes van die Stiermarkse Grand Prix, maar het die vierde plek behou nadat die jaers kontak gemaak het, wat Pérez se voorvleuel beskadig het. Red Bull het opgemerk dat hulle onseker is waarom Albon nie genoeg spoed in die wedloop het nie. Hy het dertiende begin en tot vyfde verbeter by die Hongaarse Grand Prix.
Albon het swaar gebots tydens oefeninge vir die 2020 Britse Grand Prix en het maar twaalfde gekwalifiseer. Hy is in die wedren gestraf omdat hy 'n botsing met Kevin Magnussen veroorsaak het en het teruggeval in die veld voordat hy uiteindelik agtste geëindig het. Hy het vyfde gekwalifiseer vir die 2020 Belgiese Grand Prix maar het sesde geëindig nadat hy in die laaste rondte deur Renault se Esteban Ocon verbygesteek is. Albon het sy eerste Formule Een-podium by die 2020 Toskaanse Grand Prix behaal deur Daniel Ricciardo in die sluitingsrondtes verby te steek, die eerste podium vir 'n Thaise Formule Een-jaer.
2021 Albon is afgegradeer tot die rol van toets- en reserwejaer by Red Bull vir 2021, en sy renplek is deur Sergio Pérez ingeneem. Na sy afgradering het Albon opgemerk dat "dit seer maak", maar bygevoeg dat hy hoop om terug te keer na 'n wedrenplek vir 2022. Nadat hy sy 2021 DTM-veldtog voltooi het, het hy vanaf die 2021 Turkse Grand Prix 'n afrigtingsrol vir die AlphaTauri-jaer Yuki Tsunoda ingeneem.
Williams (2022–) Albon het in 2022 na Formule Een teruggekeer by Williams, en George Russell vervang as spanmaat van Nicholas Latifi Nadat die aankondiging gemaak is, het Red Bull-spanhoof, Christian Horner, onthul dat Albon "'n skakel na Red Bull behou" en dat die span 'n opsie het om hom vir 2023 te herroep.
Formule 1-uitslae
JaarInskrywerOnderstelEnjin123456789101112131415161718192021222324PlekPunte2019 Red Bull Toro Rosso Honda Toro Rosso STR14 Honda RA619H 1.6 V6 t h AUS14 BHR9 CHN10 AZE11 SPA11 MON8 KANDNF FRA15 OOS15 GBR12 DUI6 HON10 8 92 Aston Martin Red Bull Racing Red Bull RB15 BEL5 ITA6 SIN6 RUS5 JPN4 MEX5 VSA5 BRA14 ABU62020 Aston Martin Red Bull Racing Red Bull RB16 Honda RA620H 1.6 V6 t h OOS13† STI4 HON5 GBR8 70J5 SPA8 BEL6 ITA15 TOS3 RUS10 EIFDNF POR12 EMIDNF TUR7 BAH3 SAK6 ABU4 7 105 2022 Williams Racing Williams FW44 Mercedes M13 E Performance 1.6 V6 t h BHR13 SAU14† AUS10 EMI11 MIA9 SPA18 MONDNF AZE12 KAN13 GBRDNF OOS12 FRA13 HON17 BEL10 NED12 ITADNS SINDNF JPNDNF VSA11 MXS12 SAP15 ABU13194 2023 Williams Racing Williams FW45 Mercedes F1 M14 E Performance 1.6 V6 t h BHR 10 SAU DNF AUS DNF AZE 12 MIA 14 MON 14 SPA 16 KAN 7 OOS 11 GBR 8 HON 11 BEL 14 NED 8 ITA 7 SIN 11 JPNDNF KAT 13 VSA 9 MXS 9 SAPDNF LAS 12 ABU 141327 2024 Williams Racing Williams FW46 Mercedes F1 M15 E Performance 1.6 V6 t h BHR 15 SAU 11 AUS 11 JPNDNF CHN 12 MIA 18 EMIDNF MON 9 KANDNF SPA18 OOS15 GBR9 HON14 BEL12 NED14 ITA7 AZE7 SINDNF VSA16 MXSDNF SAPDNS LSVDNF KAT15 ABU1116122025 Williams Racing Williams FW47 Mercedes F1 M16 E Performance 1.6 V6 t h AUS5 CHN7 JPN9 BHR12 SAU9 MIA5 EMI5 MON9 SPADNF KANDNF OOSDNF GBR8 BEL6 HON15 NED5 ITA7 AZE13 SIN8 VSA14 MXS12 SAP11 LSVDNF KAT11 ABU168732026* Williams Racing Williams FW48 Mercedes F1 M17 E Performance 1.6 V6 t h AUS12 CHNDNS JPN20 MIA10 KANDNF MON8 BKTNC OOS17 GBRDNF BEL15 HON17 NED17 ITA 17 SPA15 AZEDNF BHR SIN VSA MXS SAP LSV KAT ABU**JaarInskrywerOnderstelEnjin123456789101112131415161718192021222324PlekPunte † Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het. * Seisoen is nog aan die gang.
Verwysings
Kategorie:Britse renjaers Kategorie:Thaise sportlui Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1996 Kategorie:Lewende mense