SG Sonnenhof Großaspach is 'n sportklub uit Aspach in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Großaspach is 'n dorpsdeel van Aspach en was tot 1972 'n onafhanklike dorp. Behalwe sokker het die klub ook afdelings vir gimnastiek, tafeltennis en kegelbal.
Die huidige klub het in 1994 ontstaan deur die samesmelting van Spvgg Großaspach en FC Sonnenhof Kleinaspach. Spvgg Großaspach is in 1920 gestig en het ten tyde van die samesmelting in die Landesliga Württemberg op die sesde vlak meegeding. FC Sonnenhof Kleinaspach het in 1976 as 'n informele klub ontstaan in die Hotel Sonnenhof in Kleinaspach ('n dorpsdeel van Aspach) en is in 1982 amptelik opgerig. Ten tyde van die samesmelting het die klub in die Kreisliga A op die agste vlak meegeding.
Onlangse ligaposisionering 1997-98 (VI) Landesliga Württ. St.1 2de 1998-99 (VI) Landesliga Württ. St.1 2de 1999-00 (VI) Landesliga Württ. St.1 4de 2000-01 (VI) Landesliga Württ. St.1 2de 2001-02 (VI) Landesliga Württ. St.1 1ste 2002-03 (V) Verbandsliga Württ. 8ste 2003-04 (V) Verbandsliga Württ. 8ste 2004-05 (V) Verbandsliga Württ. 1ste 2005-06 (IV) Oberliga BW 14de 2006-07 (IV) Oberliga BW 13de2007-08 (IV) Oberliga BW 10de 2008-09 (IV) Oberliga BW 1ste 2009-10 (IV) Regionalliga Süd 12de 2010-11 (IV) Regionalliga Süd 14de 2011-12 (IV) Regionalliga Süd 2de 2012-13 (IV) Regionalliga Südwest 4de 2013-14 (IV) Regionalliga Südwest 1ste 2014-15 (III) 3. Liga 15de 2015-16 (III) 3. Liga
Eksterne skakels Amptelike klubblad
Regionalliga Suid 2010/11-seisoen SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, KSV Hessen Kassel, FC Memmingen, TSV 1860 München II, 1. FC Neurenberg II, SC Pfullendorf, Stuttgarter Kickers, SSV Ulm 1846, SV Wehen II, SpVgg Weiden, Wormatia Worms
Großaspach